Ons het vroeër hierdie jaar in Maart ‘n interview met Rob McLennan gedoen, net voor No Friends of Harry opgetree het by die Freakquency Transmission show by The Good Luck Bar en toe sommer ook ‘n hele paar ander cool bands ge-interview. Gaan check dit weer hier uit: https://www.watkykjy.co.za/2018/03/the-freakquency-transmission-groot-party-by-goodluck-bar-in-joburg-hierdie-vrydag/. Die Rolbees was daar en dit was ‘n befokte show gewees.
NFOH is ook nog steeds net so gripping live soos in die ou dae en as ‘n added bonus het ek vir Rob ontmoet ook. Kief bra! Maar hierdie is net ‘n kort nuusflits vir julle, want ons bring goeie tyding vir alle NFOH fans! Hulle is stadigaan besig om al die ou albums af te stof en op elke liewe streaming service te gooi. Maar dis nie net die ou albums nie – hulle remix dit en gooi songs wat op ander compilations was, by.
Vinyl? Ja, vinyl junkies, binnekort gaan hulle hele catalogue weer ge-repress word! Die ouer pressings se pryse raak net fokken belaglik deesdae. Die eerste album aan die beurt, wat deur Peter Pearlson ge-remix en remaster is, is toevallig my favourite. Fifteen Seconds was release in 1991 maar ek het hierdie tape eers in 1994 gekoop en dit sulke baie faktap geluister. Hierdie remix is befok! Ons is ook besig om met Rob te praat om ‘n behoorlike feature te doen van NFOH later hierdie jaar/ vroeg volgende jaar. Dis ‘n moerse belangrike band in SA rock history, so gaan check solank hierdie album uit!
Watkykjy staan op 3,091,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.