Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Hangtiete
Volgens wetenskaplike bewyse is gravitasie op sy hoogste versnelling in Oslo en Helsinki. Kaapstad en die res van ons pragtige land is baie laag op die ranglys sover gravitasieversnelling betref. Jy behoort dus die grootste konsentrasie van hangtiete in Oslo en Helsinki te vind.
Tog sien mens hangtiete oral om jou. Doen jouself ‘n onguns en kyk bietjie rond. Kyk daar, twee daar, en wat van daai?
Hangtiete orals!
Tannies, die bra is al vir ‘n rukkie lank in sirkulasie. Hou asseblief die hemphondjies in toom. Ons wil nie sien hoe hulle bruin neusies onder jou Sharks-truitjie uitloer nie. Veral nie as daar ‘n snorbaardjie of twee is nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.