Met Meghan Markle wat so rukkie terug met Prins Harry getrou het, is daar weer so bietjie ‘n long of twee vol excitement onder haar majestiet, Koningin Liesbet se rok ingeblaas. Wag, lig gou weer daai rok op – hier kom nog ‘n long vol excitement: die kinders het ook ‘n brood in die oond! *fistpump* Ons wag in spanning om te sien of dit ‘n bruinbrood of ‘n witbrood is. Jirre, dat mense so behep kan wees en kan tekere gaan oor die koninklikes, is opsigself moerse amusant. Half troublesome. Soos Nenna van Egoli destyds wat al die bordjies en bekertjies en teekoppies met Prinses Dianna se smoel op versamel het.
*vryf nek so net bo die tiet*
“Maaaar my!”
Dis seker omdat mense skiem dat royalty moerse verhewe is bo ons mere mortals. Earls, Dukes, Barons, en Kings en Queens het mos nie sweetgaatjies of anusse nie. Hulle sweet, poep of kak glad nie. “En wat gaan agter daai kasteelmure aan?”, wil almal altyd weet. En dit is hoekom ‘n fiksiereeks soos The Royals so verbasend damn entertaining is. Genuine, ek het myself omkant gevang met hoe vasgenael ek voor die kassie was. The Royals is ‘n dramareeks oor ‘n fiktiewe Britse koninklike familie in hedendaagse Londen. Soos met die regte lewe royal familie, lewe hierdie mense ook in ‘n wêreld van eindelose rykdom en koninklike tradisies wat cater vir elke hartsbegeerte. Prag en praal. Maar daai lekkerte kom ook teen ‘n prys. Onthou julle in regte royalty lewe toe een van Prins Charles se laities soos ‘n fokken Nazi aangetrek het na ‘n Halloween party? Ek dink dit was die ginger-laitie. Die een met die groot voorkop was seker iewers anders besig gewees om weeskinders te red. Dis daai tipe public scrutiny waaraan hulle voortdurend onderhwewig is, wat ons ook in The Royals aantref en dit maak vir puik vermaak. Check, die monargie hardloop sonder twyfel ‘n fokken tight ship, maar elke familie het maar hulle kak en skeletons wat een of ander tyd uit kas uit gaan bliksem.
Op die oog af blyk dit of Queen Helena en King Simon in beheer is van hulle classy familie maar meanwhile terug by die poloniefabriek spat die listeriosis orals. Daai was ‘n metafoor, hoor? Hulle het nie regtig ‘n poloniefabriek nie. Hulle is miskien nie lekker nie, maar hulle is nie fokken zef nie, okay? Anyway, sommer so uit die staanspoor uit, bars die kak deur die aircon – die eerste erfgenaam voor in die ry om aanspraak te maak op die troon (dis nou die oudste seun) sterf in ‘n ongeluk. Dit moet een of ander skietongeluk wees, aangsien die seun in die armed forces is (was), maar ons is nie dadelik seker nie. Dit sal later bekend word. Intrige en so aan, jy maak uit?
Die koninklike ouers kry hierdie tos nuus een aand laat terwyl hulle rebel van ‘n dogter, Prinses Eleanor, doosdronk op tafels dans in ‘n club iewers in Londen en soveel dwelms kap as wat haar klein liggaampie kan hanteer. Jissis, maar sy kan party, hoor. Untz-untz-untz! Daai vibes van haar werk minder vars uit vir koninklikes. Haar laaste move in die club is om (in ‘n rokkie korter as Gordon Ramsey se humeur) agteroor van die tafel af te etter en haar krimpvarkie vir al wat leef en beef te flash. In die era van iPhones en die interweb. Ons dar mos nie panties nie.
*kleeeek*
Koerante toe met jou. Koninklike kont op die voorblad. Vat ‘n backseat, Britney Spears…
Prinses Punani word die volgende oggend wakker met ‘n royal hangover (sorry, ek moes) en sulke swart kringe om die oë. Haar ma, die Queen, gespeel deur Elizabeth Hurley (jirre my fokken hart – sy is steeds warmer as ‘n varsgebruikte meth eetlepel), maak haar verskyning. Dogter word uitgekak, want “kyk hoe laat jy nou die familie lyk!”. Geen emosie te bespeur oor haar oudste seun wat basically sopas onder die tydelike met die ewige verruil het nie. Die koning tune nogal sy vrou “When a mother loses her first born, I believe she is allowed to grieve” waarop die queen antwoord “Not when she is the queen!”. Fokken ice queen, ek sê!
Terug by die brat – dis nie asof die uitkak sesh deur mamma veel gehelp het nie. Later die aand raak prinsessie sommer weer gefok op draks. Sommer op die troon. Nie die kakhuis nie, die actual troon. Wat doen hierdie kind nog… O ja, sy naai boonop haar bodyguard en tune hom iets die lyn van “nouma lekke my ou, trek aan jou broek en fokof uit my prinseskamer uit. Good luck met jou volgende job, want my pappa gaan jou fire”. Maar die security bra, Jasper, het die vorige aand lekker black mail videos van die fucked-up prinses geneem waar sy allerhande stront moves in die club gepull het en haar naam met ‘n plank gebliksem het. Sy het ook later Jasper sy knob gesuig. So nou kry hy afpers-brekkie, afpers-lunch en afpers-kopkou. On tap. By ‘n prinses. Wat ‘n fokop. Vir haar…
Die prinses en haar ma het nogal sterk kompetisie tussen die twee van hulle om die kont-trofee in te palm, maar die koning se broer is self ook nogal ‘n flambojante perd van ‘n ander kleur en ‘n goeie contender. Hierdie ou is totes magsbefok en sal enige iets doen om koning te kraai. Hy is ‘n fokken vuil vent wat sy mag misbruik. Tydens ‘n aandete aan tafel, kokkenodge hy dat een van die knegte ‘n lekker ass het en ontbied haar na sy chamber toe om te “gesels”. Hy park af op ‘n stoel met ‘n whizza in die klou en bekyk haar stadig op en af.
Zzzzip! gaan sy broek oop.
“And remember, enthusiasm counts”
Behalwe vir daai dickhead move, doen die vent ook cocaine. En mans. In die boude. Nogal ‘n all-rounder, huh? Fokkit, en sy twee dogters… Hulle is net so faktap. Die tweetjies is sulke onbeholpe perpetuele jags gingers wat lyk of hulle ñ kruising is tussen daai twee nole van Dumb & Dumber en Aspoestertjie se stiefsusters. Siesa.
Dit blyk dat die enigste goeie mense in die gesin die koning en sy oorblywende seun is. Die laitie, Prins Liam, is volgende in line vir die troon, maar hy zaber pappa se hoof van sekuriteit se dogter tot in ‘n staat van verliefdheid. En mamma koningin het fokol ooghare vir dié goose nie want mamma is so effens image-befok. Die koning se hart sit wel in die regte plek. Hy is idealis en ‘n moerse down to earth bra. Hy sien die goeie in mense raak. Hy help byvoorbeeld een aand staff om snack platters voor te berei tydens ‘n fancy party by die kasteel. Shame, die persoon wie hy help in die kombuis is toe al die tyd dieselfde girl wat sy broer se kers moes suig onder dwang, maar die koning is salig onbewus daarvan. Mens kry die idee dat die arme bra baie alleen is, maar hy is opreg baie lief vir sy vrou en kinders. En hy wil ook nie regtig die koning wees. Hy wil net ‘n gesinsman wees wat visvang en mooi dinge in die lewe doen. Wat dink die queen van al hierdie hartroerende sentimente? Sy bedank haar liefste man se goedhartigheid deur iemand agter sy rug te naai. Fokken koei! (Ek bedoel dit nie regtig, Elizabeth Hurley. Jy is vreeslik hot!)
The Royals ‘n befokte lekker reeks met opvallend baie mooi vrouens, veral. Dit maak ‘n man half lus om Brits te trek op homself. Ag weet jy, eintlik is die hele reeks lekker ge-cast met akteurs wat hulle sout werd is. Veral die koning se grillerige broer wat deur Jake Maskall vertolk word. Heavy geloofwaardig. Come to think of it – hy laat my nogal dink aan ‘n meer creepy weergawe van Jude Law, if that is at all possible. Vir een of ander rede lyk Jude Law vir my altyd na iemand wat in regte lewe nie lekker ruik nie, maar dit daar gelaat…
Season 4 van The Royals het vroëer vanjaar uitgekom en die eerste drie reekse is sover beskikbaar op Showmax. Dis ‘n totaal van dertig episodes van net onder ‘n uur lank elk om te binge oor ‘n reënerige naweek (dis mos nou somer) of as jy dalk siek in die bed is (dis mos nou fokken somer!). Dit het my nogal gehelp so tussendeur die gietergat en die mondkatjies verlede week toe ek vir drie soild dae lank man-down was. OK, niks was eintlik solid nie. Ons praat hier van derdegraadse spuities. Daar is ‘n fokken super bug in die lug, so take care, peeps.
Loop Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk die eerste drie seasons van The Royals. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou.
Ek sien hulle het ‘n hele klomp movies ook release hierdie maand. Gaan kyk solank die local movie, Vuil Wasgoed en laat weet ons wat jy van die movie skiem?
Watkykjy staan op 3,073,868 post views in totaal sedert 1 November, 2019.