Iets waarvan ek nie bewus was nie, is dat Oscar-wenner akteur, Jeremy Irons, ‘n seun het wat self ook ‘n briljante akteur is in ‘n splinternuwe aksieblaaide reeks, Condor. Max Irons vertolk die rol van Joe Turner, ‘n CIA analis wie se idealisme tot die uiterste beproef word wanneer hy op ‘n diaboliese plan afkom wat potensieel die lewens van miljoene inwoners in Amerika bedreig.
Dinge staan so: Joe het maar nog altyd ‘n innerlike konflik gehad vanweë die aard van sy werk, maar hierdie ontnugtering en ontdekking het verrykende gevolge. Hy word deur een van die grootkoppe in die CIA ontbied om ‘n vermeende terrorist te help vang. Sy base het ‘n computer program gebruik (‘n algoritme wat Joe jare tevore ontwikkel het) om terroristebedreigings te identifiseer, maar dit wil voorkom of sy superiors die progam nou wil misbruik. Dis nie waarvoor Joe opge-sign het nie en hy is nie te vinde vir hierdie kak nie. Hy besluit hy is klaar met die intilligensiediens se stront en hy wil quit. Maar dan strike die kak die fan redelik hard: Sy hele navorsingspan word word deur sluipmoordenaars uitgewis en hy is die enigste een wat net-net betyds ontsnap met sy lewe. Joe word forseer om te herdifinieer wie hy is en homself tot die uiterstes te dryf om te sien waartoe hy in staat is. Nie net om self te oorleef nie, maar om miljoene se lewens te spaar en om uit te figure hoekom sy kollegas vermoor is.
Nog ‘n akteur met ‘n Oscar onder belt, William Hurt, speel die rol van Joe se oom, Bob Partridge, wat hoog op in die CIA is en nouliks saam met die deputy director werk en Joe probeer wysmaak dat die lyne tussen reg en verkeerd en goed en kwaad maar heel gereeld ge-blur word by die CIA. Sy karakter is nie openlik manupilerend nie en Hurt vertolk die rol met genoeg versigtigheid en simpatie om dit credible te maak. Jy voel half in twee minds oor of die oom aan die verkeerde kant van sake staan en of hy sy nefie se rug het. Dieselfde kan ongelukkig nie van Brendan Fraser se karakter, Nathan Fowler gesê word nie. Dis die eerste karakter wat ons met die eerste episode se opening scene ontmoet waar hy besig is om’n hoop dooie prairie dogs te begrawe in die woestyn in die middel van die Navajo reservation in Arizona. Dis fokken creepy as hell en nogal ‘n beduidende “what-the-fuck” karakter wat op ‘n aggressiewe wyse te werk gaan om kry wat hy soek. Briljant!
Condor trek jou sommer diep in vanuit die wegspringblokke , is deurweef met befokte suspense en is deurentyd onvoorspelbaar – iets wat nogal belangrik is in ‘n genre wat die gevaar loop om maklik te veralgemeen of om dieselfde ou resepte te volg. Dis glad nie ‘n reeks wat ‘n rukkie vat om op te warm nie en ek kan jou waarborg dat jy dadelik die tweede episode sal wil kyk, maak nie saak hoe laat dit in die aand is nie! Condor is gebasseer op die screenplay, Three Days of the Condor deur by Lorenzo Semple Jr. en David Rayfiel, wat op sy beurt weer gebasseer is op die boek, Six Days of the Condor deur James Grady wat waaaayyy back in 1974 gepubliseer is. Dit is dus soortvan een van die pioneering CIA-tipe suspensierillers, maar is in sy huidige TV-formaat ‘n moerse engaging spioenverhaal wat vir die moderne tye aangepas is en heel suksesvol daarby. As jy ‘n fan van reekse en movies soos Blacklist, Shooter, The Brave, Seal Team, Taken, of The Americans is, sal Condor so reg in jou kraal pas!
Daar is ongelukkig een klein downer, afhangende hoe jy daarna kyk – hierdie reeks is so nuut op Showmax, dat die episodes tans weekliks vrygestel word. Hulle trek nou by episode 2 en ek dink episode 3 word vanaand (Vrydag) release. As jy die tipe persoon is wat reekse faktap binge met popcorn, hot tjoklit en swieties en beswaarlik uit die kooi klim oor naweke, gaan hierdie jou frustreer to no ends want jy gaan genuine nog en nog en nog wil kyk.
So daar is twee dinge wart jy kan doen:
1) berei jouself voor vir drie ure se spannende vermaak in plaas van 10 ure en maak vrede daarmee.
2) wag tot na Kersfees om te sien hoeveel episodes uit is en binge die reeks dan eers. Maar laat my toe om ‘n derde opsie op die tafel te sit – die een wat ek gaan doen: ek het reeds die eerste twee episodes gekyk en kan nie wag vir epsiode drie nie. Toe gaan soek ek die classic 1975 movie, Three Days Of The Condor. So dis waarmee ek myself gaan treat oor die naweek een of ander tyd- ‘n Robert Redford classic uit die boonste rakke. Ek (en jy probably ook) is nog te jonk dat daai movie at some point oor my radar gekom het, so ek voel nou half soos ‘n bederfde Generation Z-kind wat vir die eerste keer classic movies soos Pulp Fiction, Natural Born Killers, Die Hard 1 tot 40 en al die Back To The Future movies ontdek.
So paar kief trivia snacks omtrent Condor:
Condor is reeds hernu vir ‘n tweede season, so dis reeds iets om na uit te sien.
Die reeks is in Parkwood Estates in Ontario, Kanada geskiet. Hierdie 55-kamer mansion is ‘n nasionale historiese landmerk en was eens op ‘n tyd die tuiste van Col. Sam Mclaughlin, die founder van General Motors, Kanada.
In een scene is Joe Turner besig om deur pharma stock trades te gaan met sy algoritme. Een van die trades wat hy flag tydens sy ondersoek, se naam is Roizman. Owen Roizman was die director van fotografie op die oorspronklike 1975 film. #sulkeeasteregg
Enige fans en fanatics van die sitkomreeks, Friends, sal weet dat episodes se benaming ‘n unike formaat gehad het, byvoorbeeld The One Where Monica Gets a Roommate, The One with the Thumb, The One with the Butt ensovoorts. Met Condor kry episodes hulle benaming van quotes deur famous mense, maar ‘n gedeelte van die quote word dan weggevat en uitge-fade sodat daar net ‘n meer onheulspellende gedeelte van die quote oorbly. Met episode 1 word George Elliot se quote uit Middlemarch gereduseer van “What loneliness is more lonely than distrust?” na “What loneliness” en ‘n quote van Joseph Stalin verander van “Death is the solution to all problems. No man – no problem” na bloot “The solution to all problems”
Loop Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk Condor. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot krap en dan besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is baie goed dat jy jou subscription sal wil hou.
Watkykjy staan op 3,074,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.