Glenn Howerton (Dennis van It’s Always Sunny In Philadelphia) vertolk die rol van Jack Griffin, ‘n voormalige filosofieprofessor van Harvard, wat grootskaalse kak aangejaag het, somewhere along the line. As gevolg hiervan word die onteerde professor forseer om terug te keer na Toledo, Ohio om vir sy sondes te boet deur vir hoërskoolleerlinge klas te gee in biologie by Whitlock High School.
Ek oorvereenvoudig sy posbeskrywing na ‘biologie-onderwyser’, want eintlik is hy ‘n ‘Advanced Placement Biology teacher’, hence die TV-reeks se naam, A.P. Bio. Vir ons Suid-Afrikaners beteken dit fokol, en dis ook die main rede hoekom ek aanvanklik gehuiwer het om die reeks te kyk. Dis ‘n issue met my – kak posters en simpel name vir TV shows – A.P. Bio‘n boktos naam vir ‘n reeks, maar in die US of A en Kanada is dit algemene kennis dat ‘Advanced Placement’ ‘n program is wat die deur die College Board van Amerika ontwikkel is om hoërskoolleerlinge bloot te stel aan ‘n verskeidenheid college-level curriculum en eksamens. Die doel hiervan is om aan begaafde leerlinge met hoë punte die geleentheid gee om credits te score in ‘n verskeidenheid vakke wanneer hulle universiteit of college betree. Hoekom moet jy al hierdie kak weet? Want die titel, A.P. Bio, vir ‘n TV reeks, sou outomaties aan kykers in Amerika translate as: “Aah, ‘n reeks oor daai slim nerds wat altyd in ons klas was wat ekstra credit en aandag soek”.
So in Suid-Afrika moet mens eers die konsep verduidelik. Mens moet deesdae alles hier baie mooi verduidelik met ons skoolsisteem se slaagsyfers en vereistes wat so oor die poefkrans gestoot is.
#FeesMusFall
#Amandla
#poesdomkinders
Raaait… nou dat jy daai useless info as agtergrond het, kan ons voortgaan:
Jack se persoonlike lewe is ‘n fokken gemors. Hy is in ‘n job onder sy pay grade forseer wat hy fokken verag en sy hart borrel oor van haat, nyd, woede en revenge. Vir dié van julle wat totes bybelbefok is – Jack druk alles in Kolossense drie, vers agt tot sewentien ‘n vet fokken toffie, want sy droom job as hoof van filosofie by Stanford, is aan sy nemesis, Miles op ‘n skinkbord gegee. Jack is op ‘n definitiewe laagtepunt van sy lewe. Hy maak een ding baie duidelik: hy is nie hier om biologie vir die kids te leer nie want hy het tot die besef gekom dat hy ‘n klaskamer vol oorpresteerdertjies tot sy beskikking het om Miles geestelik af te takel en wat hy as Jack, as sy regmatige pos by Harvard sien, terug te vat.
Soos hy letterlik deur Whitlock High School se hekke bars (hy ry die muur waarop die skool se naam staan in sy fuck you in), tune hy die kinders: “Here’s the deal. I do not care about biology. We’re not going to do any biology in here. And to be perfectly clear, this won’t be one of those things where, over the course of the year, I secretly teach it to you. This also won’t be one of those things where I end up learning more from you than you do from me. I know more than all of you combined so that doesn’t make any sense. Instead, I’m going to spend the majority of my time mentally breaking my nemesis, with the ultimate goal of taking his job as the head of Stanford Philosophy, and then, I’m gonna have sex with as many women as I possibly can throughout the entire state of California. But, you don’t need to concern yourselves with that.”
Jirre!
Die kinders se eerste assignment is dan sommer ook om Miles te oorval met uitlokkende boodskappe op Facebook in die hoop om hom te catfish, so jy kan maar vergeet van daai “inspirational teacher” movies soos Dead Poets Society, Good Will Hunting en Dangerous Minds. Hierdie is meer ‘n School Of Rock vibe, gemeng met so bietjie Bad Teacher . Hierdie show het ‘n meer sardoniese, borderline-wrede sin vir humor wat hopelik tot meeste van julle sal appeal, maar die meer lighartige oomblikke is ook glad nie kak nie. Daar is byvoorbeeld ‘n scene, reeds in die eerste episode, waar die kids vir Jack probeer surprise met ‘n rap song. Dis fokken lame en baie lomp en quite frankly, cringe-worthy. About 100% die teenoorgestelde van iets wat jy in Dangerous Minds sou sien, en dit maak dit briljant en faktap terselfde tyd. Hy stop die klas hulle dadelik. I mean, dis ‘n span nerds wat probeer om te rap, for god’s sake!? Halfpad deur sy “klasgee” ontdek hy so stukkie oorskiet van die attempted rap song in die vorm van ‘n laitie wat wegkruip in die klaskamer se closet, gereed met ‘n saxophone. Jack tune: “saxophones do not belong in rap music!” Fokken nerds…
Season 1 van A.P. Bio het vroeër vanjaar ge-air in die States nadat dit verlelde jaar vir NBC create is deur Mike O’Brien. Hierdie bra is ‘n skrywer wat op Saturday Night Live gewerk het vir meer as 7 jaar lank, so as jy ‘n SNL fan is, sal jy vind dat die comedy waardig en op standaard is. Die res van die cast is ook solid, maar ek wil graag Patton Oswalt as Principal Ralph Durbin uitlig, want die bra is ‘n Emmy award wenner en stand-up comedian met ‘n CV wat oor meer as 20 jaar lank strek met Hollywood-rolle in reekse soos Veep, BoJack Horseman, Agents of S.H.I.E.L.D., Archer en American Dad om net ‘n paar te noem. Hy is actually meer famous as Glenn Howerton, wat die hoofrol vertolk in A.P. Bio.
Oor sy rol as die skoolhoof sê Patton: “I play the principal, who is very, very excited to have a Harvard professor there, but in order to keep said professor, I really have to put up with a lot from him. My relationship with him is the same as a road manager with a demanding rock star. He’s the guy who’s bringing in the prestige and money so I have to put up with his insane demands.”
‘n Handjievol critics in Amerika was nie heeltemal oortuig dat hierdie tipe comedy die polities-korrekte move was vir 2018 nie, juis omdat almal so oorsensitief is deesdae. Oor amper fokken alles. Toegegee, baie van dit is kontkop Trump se skuld, maar die critics is egter verkeerd bewys, want NBC het reeds gevra dat daar nog ‘n season moet gebeur. South Park maak in elk geval waaaay meer kak as enige ander show in een episode alleen, sover dit “sensitiwiteit” aanbetref.
O ja, en so gepraat van South Park – Die nuutste season (22) is ook nou beskikbaar en die nuwe episodes kom nou weekliks uit op Showmax soos dit in die States release word. Behalwe vir dit, kan jy ook season 19, 20 en 21 op Showmax kyk – dis 32 episodes.
Ons sal op een of ander tyd oor South Park ook moet praat, want dit was deels inspirasie vir Watkykjy gewees back in the day. En South Park en Watkykjy is ewe oud (1999 – ….)
Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk gerus die eerste season van A.P. Bio. Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou. September was ‘n bumber maand op Showmax en dit klink of hulle in Oktober die krane verder gaan oopdraai.
Watkykjy staan op 3,084,149 post views in totaal sedert 1 November, 2019.