1) Almal ken die sêding “Beloftes maak skuld.” Behalwe Steve Hofmeyr. Hy ken dit blykbaar as “By Loftus? Maak skuld.” Die “sanger” voel klaarblyklik Loftus skuld hom gratitude vir sy “liedjie” Die Bloubul nadat die Blou Bulle hierdie week aangekondig het hulle gaan nie meer die “liedjie” voor wedstryde speel nie. Hy dreig selfs om vir hom’n ander span te kies. Imagine that. Steve Hofmeyr playing for the other team. Moving on swiftly. Blykbaar het al die ander rugby-unies klaar laat weet hulle het tans genoeg supporters.
2) Ou Brilletjies, oftewel Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het sy moer gestrip vir joenalis Redi Tlhabi van 702 nadat sy hom op Twitter aangevat het oor sy aankondiging dat visumregulasies verslap sal word. Volgens haar het dit alles te make met ‘n persoonlike insident wat soos ‘n soapie se storielyn klink en Gigaba ontken dit. Hande op almal wat hom glo? Laat sak jou hand Malusi.
3) ‘n Naampie wat lanklaas opgeduik het, is dié van ons vorige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini. Bathabile (Zoeloe vir ‘fokop’) is hierdie week deur die konstitusionele hof aangesê om op te dok vir haar aandeel in Sassa se skandes rondom die uitbetaal van toelaes. Sommer 20% van die hofkoste en die regskoste van die aansoekers. So nevermind van “Kak en betaal is die Wet van Transvaal.” More like “Kak en betaal is die wet as jy jou mense faal.”
4) Kyk, Suid-Afrikaners en Australiërs is nou nie juis bekend vir lepellê as die rugby aan is nie. In fact, mens kan argue hulle het hul lang messe uit vir ons, veral met die oog op die komende naweek se clash. Maar dis darem nie naalde in aarbeie nie. Daai bêre hulle spesiaal vir Nieu-Seeland. ‘n Nieu-Seelandse supermarkgroep het aarbeie wat van Australië afkomstig is, van die rakke gehaal nadat daar naalde in van die vrugte gevind is. Dit kom nadat die vrugte ook in Oz op groot skaal aan winkels onttrek is toe naalde in aarbeie in Woolies-winkels gevind is. Ten minste het ons nou ‘n antwoord op die vraag “Wat is erger as aambeie down under?” Aarbeie Down Under.
5) ‘n Britse wiskundige met die naam Sir Michael Atiyah is in die nuus nadat hy klaarblyklik ‘n 160-jaar oue probleem opgelos het. Uiteindelik sal ons nou kan uitvind hoekom Herman 78 waatlemoene gekoop het en 17 vir sy boetie gegee het voor hy op ‘n trein geklim het wat teen 132km/h reis na die volgende stasie. Wiediefok koop 78 waatlemoene?
Watkykjy staan op 3,123,938 post views in totaal sedert 1 November, 2019.