1) ‘n Nuwe handseep met die naampie “Markus Jooste” is hierdie week bekendgestel en mense rave al klaar oor hoe goed dit werk nadat die Stellenbosse laventelhaan in die Steinhoff-sage voor die parlement sy hande in onskuld gewas het oor die hele petalje. Dis korrek, mense. Hy het fokkol te doene gehad met die intuimeling van alles wat rein en heilig was by die maatskappy en hy het die blaam squareky op die skouers van ‘n Oostenrykse sakeman met wie Steinhoff ‘n vennootskap gehad het, gepak. En volgens Jooste is dit te danke aan die Oostenryker dat hy nou Suiderarmer is. Tirridish.
2) Die laaste keer wat soveel wittes saam opgeruk het vir dieselfde rede is toe Afrikaans is Groot se website op die dag wat kaartjieverkope oopgemaak het, gecrash het. Maar hierdie week het duisende Sasol-werknemers in Secunda saamgekom om protes aan te teken teen Sasol se uitsluiting van wittes by hulle aandeleskema. Fokkit. Ons wittes darem. Wanneer ons wel die kans het om aandeel te hê aan iets, wil die meerderheid dit nie hê nie. Kug. Apartheid, anyone?
3) In ‘n skokonthulling is daar hierdie week bekendgemaak dat die SABC ‘n moerse nettoverlies gely het in die 2017-18 boekjaar. R622 miljoen se verlies om presies te wees. Die ligpuntjie aan die einde van die tonnel? Dis ‘n moerse verbetering op hul vorige moerse verlies van R977 miljoen in die vorige finansiële jaar. Moerse.
4) Gepraat van moerse verliese. Ashwin Willemse se kontrak met SuperSport word nie hernu nie en hy keer nie terug na die kanaal toe nie. Aggenee. Moerse.
5) Laastens maar nie die minste nie – die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid het aangekondig dat die listeriose uitbreking amptelik verby is en dat dit dus nou weer veilig is om verwerkte vleis te eet. As ‘n teken van welwillendheid, is ek bereid om ‘n hele doos vol verwerkte vleis te stuur aan die leier van die BLF, Andile Mngxitama, wat hierdie week insist het alle grond in wit hande moet aan swart hande gegee word. Ken iemand sy adressie? Hmmmm? PS – die vervaldatumpie op die doos (die vleis, nie Andile) maak seker nie veel saak nie?
Watkykjy staan op 3,102,315 post views in totaal sedert 1 November, 2019.