Die eerste episode van Distilled het verlede week uitgekom en het die brasse van Wonderboom het in hom ge-feature. Hierdie is ‘n befokte nuwe weeklikse YouTube musiekreeks en feature elke week ‘n nuwe tipe van mini concert wat by Craft Exchange in Pretoria verfilm word. Daar word elke week ‘n Suid-Afrikaanse band of artist ge-feature wat die geleentheid gegee word om drie songs van hulle keuses met ietwat van ‘n twist of ‘n nuwe flavour te jol en alles gebeur in een live take en dit lyk of members van ander bands wat verfilm word, sommer die presenter van die episodes is. Daar is ook befokte sponsors betrokke om hierdie storie die lig te laat sien.
Gaan join die Distilled Sessions Facebook page sodat jy updates kan kry soos hulle episodes live gesit word weekliks. Lyk my ons is altyd ‘n dag of twee agter die tyd. Die tweede epsiode het gister “ge-air” en ons plak hom hieronder vir julle. Nog ‘n rede om die Facebook page te volg is dat die ouens van Craft Exchange beplan om die puliek uit te nooi na die toekomstige filming sessions. Ons het met Friso Woudtsra van Craft exchange daaroor uitgevra en hy tune: “Ek dink ons sal ‘n gedeelte van die ‘film set’ afbaken vir future sessions sodat die kameramanne en die bands se gear uit die pad en veilig is tydens verfilming. Dan kan ons moontlik ‘n crowd van so 30 mense akkomodeer. Hulle kan tafels by ons bespreek vir binne en buite en kom kyk hoe die storie aanmekaar gesit word. Ons sal sorg dat daar ‘n lekker special op kos en bier is, dan kan die mense wat nie lus is om op ‘n Dinsdag by die werk te sit nie of mense wat ‘van die huis af werk’ die dag af vat en ‘n unieke en ekslusiewe show for free kom geniet.”
Dit klink na ‘n piele plan en ons sal opvolg en julle kom vertel wat, waar, hoe en waneer sodra ons die details het.
The Black Cat Bones jol in hierdie week se episode van Distilled. Die manne is al aan die gang sedert die band in 2007 in Pretoria gestig het en bestaan uit lede Kobus de Kock jr, (vocals) Andre Kriel (guitars), Chris van Der Walt (bass) en hulle nuwe drummer, Gareth Bunge. Hulle het ook onlangs ‘n shoot gedoen met ons tjommie, The Image Engineer waarvan hierdie boonste foto een van die images is. Hy het ook vir hulle ‘n music video geskiet en edit vir hulle nuwe tune, Turn Of The Century.
Kokkenodge die tweede episode van Distilled met The Black Cat Bones:
Watkykjy staan op 3,091,354 post views in totaal sedert 1 November, 2019.