As jy ‘n kinders van die 80s was, sou jy miskien vaagweg soapies en dramareekse soos Falcon Crest, Dynasty en Dallas kon onthou. Miskien sal Dynasty en Dallas minder in die vaagwegkategorie sorteer word, aangesien daar onlangs besluit is om hierdie twee reekse te reboot en ‘n morderne spin op dinge te sit. Met Dallas het hulle boonop van die belangrike karakters uit die oorspronklike reeks terug gebring – Bobby Ewing (Patrick Duffy), Sue Ellen (Linda Gray) en daai opperbooswig en ladies man, J.R. Ewing homself (Larry Hagman) wat tot met sy dood nog deel van die show was. Die ‘nuwe’ Dallas het ‘n goeie run gehad, maar nie so goed soos die oorspronklike reeks wat vir 13 jaar op ons kassies was nie – en is na drie seasons ge-cancel. Die oorspronklike Dynasty het vir 9 jaar lank in die 80s uitgehou maar sover lyk dit of die reboot self ook dalk net vir 3 seasons bene gaan hê.
En dis actually totally fine.
TV, TV-kykgewoontes en TV-reekse se vervaardigingsprosesse het drasties verander oor die laaste dekade of twee. Die pace is baie vinniger en die millenials se attention spans is jirre daar het nou net ‘n kar poesvinnig verby die huis gejaag en hoekom het ek ‘n blou hemp aan? Ek wou ‘n swart een dra.
Uhm.. o ja. TV shows. Not what it used to be. Ons kan dit nou stream waneer ons wil. Maar hoe het subject matter verander? Dis die groot verandering, of is dit? Daar is daai ou gesegde “the more things change, the more they stay the same” en dis nogal van toepasing op die reekse uit die 80s wat hierbo genoem word, veral as mens kyk na die storielyne en die main temas wat die gedoente aan mekaar gom. Falcon Crest speel af in die wynlande van California en volg die konflik van die stinkryk en powerfil Gioberti family, eienaars van die moerse Falcon Crest wynplaas. Jy maak uit van wynplase? Dit beteken dik zak. En as daar zak in ‘n TV-reeks is, is dar kak en drama. In Dallas het ons J.R. Ewing – ‘n skakryk Texas oliebaron en gesoute rokjagter wat sy piel, manupilasie en afpersing gebruik om sy persoonlike en besigheidsambisie na te jaag. Hy baklei met sy broer, sy vrou, die kat, die hond, aartsvyand, Cliff Barnes en die posbus. In die reboot baklei die volgende generasie oor die geld en die enorme fortuin. Zak maak groot kak. In Dynasty gaan dinge nie veel beter nie. Hier is olie ook die lubricant vir kakmaak tussen twee strydende, fokryk families – die Carringtons en die Colbys.
Jy check die pattern? Die bakleiery oor geld maak altyd vir goeie entertainment, maar veral waneer families daaroor fight. Dis nie sommer jou deursnit Randfonteinfamilie wat baklei oor oom Jaap se geroeste Nissan 1400 se sleutels na sy ontydige afsterwe nie (hy het dan so gesond geëet en gereeld ge-oefen??) – ons praat van properse geld. Die one percenters. En HBO se nuutste reeks, Succession kry die resep perfek reg. Ek meen die naam van die reeks sê dit alles:
“succession” – 1 a : the order in which or the conditions under which one person after another succeeds to a property, dignity, title, or throne. b : the right of a person or line to succeed.
Wat die creators hier gedoen het was briljant. Hulle skip die hele storielyn van hoe die hoof van die familie al sy geld maak en oud word. Hulle tel hom reeds op by die volgende generasie, want dis moontlik wat die demographic van die kykers is. Net aansienlik fokken armer. Ek en jy. Nou moet ons net die fight dophou en kyk wie slim of skelm genoeg is om met al die pitte weg te stap. Messe-in-rug-steek tipe kak wat vir seker sake tot kookpunt toe sal dryf.
Maar hierdie storie gaan verder. Succession gaan nie oor die gelukkige eenpersenters nie. Dit gaan eintlik oor die 1% van die 1% – ‘n familie met so baie rykdom dat dit moeilik is om die actual rykdom te begryp of te bereken. Soos om ‘n mespunt in ‘n berg cocaine uit te trek. Ons kry net die mespunt.
*SNUIF*
Dis min of meer dieselfde Dallas-resep as mens ‘n geraamte sou skep, maar dis obviously meer modern. Die reeks sentreer romdom Logan Roy, ‘n stinkryk ballie in sy 80s en stigter van ‘n magtige mediakonglomeraat, en sy familielede wat hulle plannetjies beraam om beheer van die firma oor te neem. Succession is about ascending to power en ons wat almal net te fokken goed watse drol daai mag en krag kan wees. Het ek iemand ‘Gupta’ hoor poep? En omdat die omie in sy 80s is en die reeks se naam Succession is, sit almal op die edges van hulle couches en wag dat die ou vrek Want wie gaan die fokken besigheid oorneem? Ons wil weet!
So baie geld maak mens vrot aan die binnekant en stroop mense van hul basiese ordentlikheid. As jy Billions kyk of gekyk het tot dusver en dit like, gaan jy hierdie show ook baie like. In essensie is dit eenders maar verskil tog heelwat genoeg. In Billions root jy hier en daar vir die hoofkarakter, Bobby Axelrod, want in ‘n manier het hy self sy zak gemaak en dis half fine en jy sal dit oorsien en hy fight die system… although op ‘n konterige manier. In Sucession gaan jy nogal sukkel om van enige van die karakters te hou en ek dink dis half die punt, juis omdat hulle mekaar sal vertrap om hulle slymerige hande op die patriarch, Logan Roy se berg skille te kry. Al sy seuns is fokken doosbreine, maar op verskillende maniere. Roman Roy (briljant gespeel deur Kieran Culkin) is ‘n spoilt brat wat nie ‘n fok vir enige iemand voel nie – nie sy siblings, pa, stiefma of sy eie vrou nie. Hy is ‘n nasty piece of work en hier is ‘n voorbeeld van ‘n scene wat min of meer die sentiment van al die karakters illustreer:
vroeg in die reeks daag die hele familie per helikopter (drie van die fokken goed) op by ‘n private baseball-veld vir ‘n game wat blyk of dit ‘n jaarlikse familietradisie is. Kontkppie, Roman, bied aan van die (moontlik illegal immigrant) werkers se 10-jarige laitie, ‘n checque van $1mil aan as die kind ‘n home run slaan. Obviously fail die kind net-net as gevolg van die groot druk wat op hom geplaas word. Hy mis net-net uit op ‘n moontlike $1mil wat sy hele familie en hulle nageslagte probably vir ewig sou uitsort, maar vir Roman is dit minder as roomysgeld. Vir hom is dit ‘n fokken joke. Natuurlik is hy ‘n kont daaroor. Dis hartverskeurend. Jirre, en Kieran Culkin het nogal daai moer-my tipe gesig.
Tom, die aangetroude, verkakte en gatkruiperige skoonseun se horlosie (wat vir die skatryk skoonpa as gesken aangebied is ((om gat te kruip, natuuurlik)) word dan vir die arm Meksikaanse familie gegee as ‘n bribe om hulle bekke te hou oor die private aangeleentheid. Geld koop fokken alles, ou pellie.
Die middelste seun, Kendall Roy is ‘n spineless rugsteker wat sy pa om elke hoek en draai probeer befok en onttroon. Die oudste seun, Conor is een van daai mense wat nie ‘n opinie het nie en hom maar net skaar met whatever die meerderheid mense mee gaan. ‘n Verkakte hippie of sorts. Dis amper erger om so sleg te wees, as die ander kinders se karaktereienskappe wat hulle openbaar. Nie eers die saggeaarde, ambisielose en zolrokende nefie verdien simpatie nie. Hy is actually net heeltemal te deur die kak om sleg te wees, maar ek vermoed mense wat die reeks reeds kyk, hou heimlik duim vas vir die arme skepsel om sy vinger uit sy hol uit te trek…
Die creators hou voet by stuk dat Succession glad nie oor die Murdochs gaan nie. Ja, ou. Trek die ander piel.
In fact, voor jy Succession kyk, gaan lees gou self op oor Rupert Murdoch en kom vertel my daar is glad nie ‘n link tussen hom en die reeks nie – https://en.wikipedia.org/wiki/Rupert_Murdoch
Ek gaan season 1 sommer vandag nog klaar kyk, want dis fokken goed geskryf, die acting is uit die boonste rakke en ek wil kyk watter familielid die volgende faktap move gaan pull op die ou ballie en die res van die familie. Ek wil sien hoe dit uitwerk of hoe dit backfire, want either way gaan dit op ‘n spectacular wyse geskied.
Succession is ‘n goeie stukkie binge TV om oor die naweek te stream. Ek hoop HBO en die creators maak nog so twee of drie seasons hiervoor en dat dit tot ‘n slotsom sal kom sonder om die storie uit te water. Hulle sit hier met ‘n lekker storielyn wat opge-wrap kan word, maar ironies genoeg sal geld op die ou einde besluit of hulle hierdie ook so dun gaan smeer soos ‘n sondgebakte 80s Marmite bruinbroodjie wat jou ma vir jou ingepak het vir eerste pouse…
Jy kan season 1 solank kyk. Kry net vir jouself so stukkie free Showmax as jy nog nie het nie…
Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou. Ek vermoed Showmax het moontlik ‘n rekordmaand met nuwe releases vir September, so gaan krap rond.
Watkykjy staan op 3,112,771 post views in totaal sedert 1 November, 2019.