Die enigste TV reekse wat vir my remotely herkenbaar is wat deur Christopher Vane create is, is die reekse Veronica’s Closet (wat ek nooit gekyk het nie), Suddenly Susan (waarvan ek miksien een of twee episodes per ongeluk raakgekyk het) en Wings (wat ek vaagweg as redelik snaaks onhtou, terug in 1995). Sy nuutste aanbieding, Impastor, however, is pretty fokken solid. Die naam self vertel jou dadelik waaroor die reeks gaan. Blerrie slim, hoor! Hy het die woord ‘imposter’ gevat en aan ‘pastor’ se boude gaan vasplak om ‘Impastor’ te vorm. Wat kan jy dus verag? Die hoofkarakter gaan ‘n dominees wees wat ‘n bedrieër is.
*slow clap*
Ek is vas oortuig dat Christopher Vane eers met die naam vir die show opgekom, gedink het dis oulik en fokken slim en toe daarna ‘n storie rondom dit gaan sit en develop het. Jy gaan nie sommer daai in Afrikaans kan afpul nie. Die konsep, ja. Maar nie die naam nie. KykNet sal in hulle klere kak as jy “Doosminees” aan hull try pitch. Maybe sal hulle reg wees oor sy 10 jaar?
So wat is die vibe van die show?
Buddy Dobbs is in kakstraat en dis sy eie skuld. Hy is ‘n slapgat en ‘n leeglêer. Hy is ‘n lieplapper met ongesonde dobbelskuld wat aan ongure karakters geskuld word. Slegte mense wat hom daarvoor sal vermoor. Hy sien geen uitkomkans uit hierdie gemors nie en besluit dat selfmoord die enigste uitweg sal wees. Met ‘n loser naam soos Buddy Dobs, wat sou jy andersins verwag? Episode 1 se naam is heel gepas ‘Genesis‘ gedoop (see what I did there?). Waar die kak begin. Dis hier is waar episode 1 afskop – Buddy het pas oor die reëling van die Vincent Thomas Bridge geklim en is reg om te spring om ‘n einde aan alles te maak. Voordat hy dit egter doen, maak ‘n pastoor met ‘n fynerige stem sy verskyning en probeer hom daaruit praat. Buddy Dobbs is nie ‘n man van God nie, so die man met die fyn stemmetjie se pleidoo val op dowe ore. Soos dit nou maar Christians, algemene gelowiges en mense van die kleed betaam, gee die pastoor nie op nie is hy persistent om die probleem op te los en die ongelowige persoon van oortuigins te verander: “God provides! You just need to seize the opportunities that he gives you!”
Buddy wil fokol weet.
Hy wil spring.
Die pastoor, steeds adamant dat hy ‘n siel gaan red, klim self ook oor die brug se reëling om deur te dring na die verlore skapie. Hy is skaars oor met sy tweede been en halpad deur sy dere woord, toe hyself na benede poes.
Dood.
Sy soortvan laaste woorde eggo nog deur Buddy se kop: “God provides! You just need to seize the opportunities that he gives you!”
Dis meer ‘n geval van “As die Here ‘n venster toemaak, maak die duiwel een van daai hondedeurtjies met die flaps in die agterdeur oop om deur te squeeze”. Die pastoor se kar staan nog met die deur oop en idle op die brug. Buddy klim in die kar, antwoord ‘n foonoproep op die pastoor se foon en dis hier waar Buddy se nuwe lewe as ‘n Impastor afskop.
Daar is lekker baie ruimte vir comedy, sticky situasies en suprises – ons deal hierso met iemand met ‘n donker verlede wat ‘n dooie persoon (wie hy glad nie geken het nie) se lewe oorneem – iemand self met ‘n onbekende verlede: turns out die pastoor was ook bietjie sketchy gewees – hy was van sy vorige werk/kerk ge-fire omdat hy…. drum roll… gay was! Hy was op pad om ‘n nuwe lewe te begin in ‘n klein dorpie as ‘n gay Lutheran pastor waar daar steeds gefrons word, maar effens meer aanvaarding is.
Wat los nog meer ruimte vir comedy? Buddy weet fokol van die bybel af nie en hy is ‘n warmbloedige man wat like van warm chicks, naai en kakmaak. In fact, sy hot chick (wat dink hy is dood) moet al sy kak handle in die town waar hy haar agtergelaat het met sy “dood”. Aan die ‘positiewe’ kant is Buddy darem ‘n pastoor wat sy zol goed ken, so die klein dorpie se mense begin hulle nuwe pastoor effens like – ‘n ou wat die troubled teens se taal praat en uitmaak van hulle probleme, soos duiwel se blaarslaai (wat hy natuurlik konfiskeer en self rook). Tog is sy verlede besig om hom in te haal en daar is so paar protagoniste in sy nuwe dorp wat hom nie heeltemal vertrou nie. Boonop is daar ‘n paar fokken mooi single en horny vroue in die nuwe town wat ogies maak vir hom waaraan hy niks kan doen nie. Omdat hy veronderstel is om gay en ‘n pastoor te wees. Aan die ander kan is sy oorywerige kerksekretaris, Russel, self ook gay en agter pastoor good looking se piel aan. So Buddy breek amper eers sy nek, dan breek hy die wet, breek so paar hot chicks se harte en dan breek hy ‘n gay hartjie of twee! En die ouens wat sy bloed soek wil sy bene ook breek! Problems all round!
Die rol van Buddy word deur Michael Rosenbaum vertolk. Hoekom klink daai naam so fokken bekend vir jou? Maybe gaan jy ook so “Ag natuurlik!”-oomblik hê soos wat ek gehad het, want ek kon die ou glad nie plaas voor ek dit gaan Google het nie. Moet nou nie sy naam loop Google en die fun spoil nie. Speel gou saam. Kom ons try gou iets as jy hom ook nie kan plaas nie, maar hy vir jou bekend lyk. Wag, hier is ‘n foto van hom. Kyk eers bietjie na die foto voor jy onder verder lees:
Anything? OK probeer die volgende – hou sy hare toe met jou duim. Still nothing? Imagine hom kaalkop? Soos wie lyk dit? Jaaa! Dis fokken Lex Luther van Smallville! Dis seker die enigste karakter van Rosenbaum wat jy ken, so jy het dalk vooropgestelde idees van hoe sy karakter portrayal van Buddy sou wees, maar moenie worry nie, dit verskil hemelsbreed. Sy demeanor verskil wêreld en jy sou nie in ‘n honderd jaar kon dink dat hierdie ou ook Lex Luther kon wees nie. In Impastor het Rosenbaum amper ‘n Ryan Renolds Deadpool-erige tipe cockiness aan hom. Met sy eie flavour. En dit maak die reeks super entertaining en fokken snaaks. Jy sal nie jou tyd mors nie.
Net om gou weer full circle terug te kom na die brug waar die reeks afskop – dit is die Vincent Thomas Bridge wat oor die Los Angeles hawe strek. Die brug is net oor die 1.8km lank met vier bane en staan 111m hoog. Bekende film en TV-reekse waarin die brug al ge-feature het sluit in: Gone in 60 Seconds, Lethal Weapon 2, Charlie’s Angels en die TV-reeks, CHIPs. Volgens die polisie vind daar “elke paar maande” ‘n selfoord plaas by die brug. Daar is twee bekende mense wat na hulle dood gespring het van hierdie brug af maar net een van hulle was selfmoord:
Op 26 Oktober, 1990, het die 1964 Olympiese duikkampioen, Larry Andreasen, (hy het brons ontvang) gesterf toe hy ‘n nuwe duikrekord wou opstel.
Meer onlangs op 19 Augustus, 2012, het Tony Scott, die director van Top Gun, selfmoord gepleeg deur van die brug af te spring.
‘n Lekker muf noot om ‘n fun artikel mee te eindig, huh?
Soos ‘n Afrikaanse middagete op kersfees – almal vreet hulleself dik en op een of ander stadium gaan een of ander doos oor die dood begin praat…
Vir een of ander rede is Impastor een van daai reekse met ‘n moerse goeie rating wat dit nie verder as ‘n derde seisoen kon maak nie, maar dit pla actually glad nie. Sluit aan by Showmax se free 14 dae trial en kyk die twee seasons sommer in ‘n binge oor die naweek. Dis regtig fokken snaaks en die reeks hardloop met jou weg van die begin af.
Jy kan vir 14 dae lank verniet kokkenodge en deur ure se kykgenot trawl en besluit of jy wil aansluit teen R99 per maand. Kanse is goed dat jy jou subscription sal wil hou. September was ‘n bumber maand op Showmax en dit klink of hulle in Oktober die krane verder gaan oopdraai.
Watkykjy staan op 3,084,319 post views in totaal sedert 1 November, 2019.