Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Gatkrampe
Die rede hoekom jy gatkrampe kry is omdat so baie mense in Suid-Afrika dit vir mekaar toewens. ‘n Tipe boere-voodo, as jy wil. Almal saam asseblief: Ek wens die Honorable Mr Justice Motata kry ‘n bliksemse gatkramp.
Gemorskos wat soos gemorskos proe
McDonald’s kan gerus ‘n eksperiment probeer: Blinddoek julle customers en voer vir die helfte van hulle McBurgers. Bliksem ‘n klomp tamatiesous oor ‘n klomp van daai wakspapiere en gee dit vir die ander helfte. Kyk of mense die verskil agterkom. Johan Stemmet het meer smaak as sommige gemorskos. Tog is daar ‘n mark daarvoor want mense laaik nou maar eenmaal van kak koop. Kyk hoe goed verkoop slegte Afrikaanse musiek. En piramideskemas.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,091,365 post views in totaal sedert 1 November, 2019.