Die derde epsiode van die Distilled sessions het gister sy verskyning op YouTube gemaak en feature daai kakmaker-tweeling van Somerset-Wes, Akkedis. Rudi en Arthur Dennis maak al musiek sedert hulle 12 jaar oud is. Ons is onseker oor hoe oud hulle nou is met die baarde en nou maak daai quote, “hiding your best looking years behind a beard” nogal sin.
Anyway, Distilled is ‘n kief weeklikse YouTube musiekreeks en feature elke week ‘n band of artis wat by Craft Exchange in Pretoria verfilm word. Hulle kry die geleentheid om drie songs van hulle keuses te jol in een live take. Join die Distilled Sessions Facebook page sodat jy updates kan kry soos hulle episodes live sit weekliks.
Craft Exchange het laat weet dat daar met die volgende filming session ‘n dagdronk Dinsdag vibe gaan plaasvind met specials op bier, brannas en kos waar die publiek die fliming van die bands of artists verniet kan kom kyk. Hulle gaan dit egter limit na sitplek vir so 30 mense en jy gaan moet bespreek om ‘n spot te kry. Hulle sal dit op hulle Facebook page aankondig as die tyd reg is. Sodra hulle die datum confirm sal ons julle hier ook laat weet.
Hier is die derde episode van Distilled met Akkedis:
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.