1) En daar ruk Cyril toe die grond onder ons voete uit. Dis korrek maats, die man aan die stuur van sake in die land het hierdie week grondonteiening sonder vergoeding die groen (en swart en geel) lig gegee. Dit beteken ‘n voorgestelde wysiging aan artikel 25 van ons… wait for it… GRONDwet. Dit nadat die IMF hierdie week bekendgemaak het dat die hele gedoente moontlik beleggers gaan afskrik en Suid-Afrika oor die ekonomiese af… wait for it… GROND kan stoot.
2) UNESCO het hierdie week hul lys van Erfenisgebiede bekendgemaak en Suid-Afrika is verteenwoordig. Vreemd genoeg nie Ventersdorp of Witbank nie, maar die Barberton Makhonjwa Berge waar rotse gevind is wat so ver terug dateer as 3.6 miljoen jaar gelede. Die Mick Jagger van rotse met ander woorde. Wetenskaplikes het hier ook bewyse gevind dat die Aarde op ‘n stadium die hele tyd deur meteoriete getref is.
3) Julius Malema is nou nie eintlik ‘n man wat gaan luister as ‘n wit man vir hom sê om iets te doen nie. Maar by die EFF se 5de verjaarsdagvieringe het Julius ‘n AK47 gevat by ene Adriaan Snyman (‘n Afrikaner nogal) en dit in die lug afgevuur. Snyman is die eienaar van Bluff Security (you cannot make this shit up) en is verantwoordelik vir Malema se veiligheid sedert 2011. En nou wil die BLF ‘n aanklag lê teen Snyman want hy het dan nou kwansuis die geweer vir Julius gegee om swart mense sleg te laat lyk. Fok tog BLF. Duidelik is breinkrag nie een van die wapens in julle arsenaal nie.
4) Nostradamus het dit voorspel. ‘n Emmerson gaan iewers ‘n land lei. Daai land is Zimbabwe en die land ly steeds nadat Mugabe na Shady Pines toe verhuis het. Emmerson Mnangagwa is verkies tot die nuwe president van Zim na hulle hierdie week ‘n verkiesing gehad het. Dit beteken die Zanu-PF is steeds aan bewind en duidelik is die land se lyers heel happy met hul leiers.
5) Die SABC is blykbaar in soveel geldelike kak dat hulle vir produksiehuise en diensverskaffers ‘n briefie gestuur het om te laat weet hulle sal nie vir Julie se werk betaal word nie. Jy weet, nie totdat hulle bietjie finansieel teruggebons het nie. Arme SABC. Betaal nou nog vir Hlaudi se wanbestuur. Maar wat nie reg is nie is nie reg nie. Betaal julle mense. “It’s the right thing to do.”
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.