1) Almal se tweede gunsteling Solly (naas Solly Kramer of Solly Ozrovech depending op watter kant van die draad jy sit), het hierdie week as die wenner van sy eie Survivor-reeks na vore getree. Ek praat natuurlik van Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, wat ‘n vote of no confidence oorleef het toe die ANC en die EFF hom wou uitwerp soos ‘n goedgekoude Stimorol. Blykbaar het die EFF net een lyntjie verskaf oor hoekom hulle hom wil uithê en toe verwerp die speaker dit. Imagine that. Die EFF se hele plan gebaseer op een single gedagte. Very unlike them.
2) Athol Trollip se spirit animal is duidelik nie ‘n kat nie. Want sy 9 lewens is op. Wie’s hy nou weer? Die burgemeester van die Nelson Mandela KoeBaai. Mens kan net vermoed die EFF het hier twee lyntjies verskaf en hy is toe deur die vote of no confidence uitgeboender soos ‘n minderjarige by ‘n PG18 show. Daai lekgeluide wat jy hoor is die DA wat sy wonde lek.
3) ‘n Lys van die gewildste babaname in Suid-Afrika vir die jaar 2017 is bekendgemaak. En heel bo-aan die lys vir seuns is Atholl. Grappie. Atholl gaan nie sommer bo-aan enige lys verskyn nie. Tensy dit ‘n lys is van name wat met A begin en met Tholl eindig. En selfs dan gaan hy dalk afkak om bo-aan te verskyn. Die top naampie vir 2017 vir seuns was Enzokuhle. En vir dogtertjies? Enzokuhle. Ah yes. Suid-Afrika. Die land van veelsydigheid.
4) Die kommissie van ondersoek na staatskaping moes hierdie week hoor hoe dikwels voormalige president, Jacob Zuma, by die Gupta-familie se woning in Saxonwold gaan eet het. Mens kan maar net aanneem aangesien Zoem-zoem hulle skoothondjie was, dat doggy bags deel van die deal was. Sit. Vat mooi. Oubaas se honne.
5) Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het laat hoor dat hulle ter viering van Doofheidsbewustheidsmaand in September Gehoorgestremdes sal bystaan om hul belasting uit te sorteer by spesifieke takke in die land. Dis oulik. Dowes wat dowes help. Want die fok weet, ons noodkrete dat ons te veel belasting betaal val op dowe ore.
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.