Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
‘n Gaap wat jy probeer wegsteek
Jy sit in ‘n vergadering, ‘n uurlange verpligte hel waarvan jy jouself nie kan verskoon nie, en jy kry hoogstens die kans om jou twee sente by te dra in die laaste 5 minute. Dis nie ‘n baie groot vergadering nie en dis ook nie baie belangrik nie (nie vir jou nie, in elk geval). Daar is net genoeg mense teenwoordig sodat almal moet aandag gee. Buzz-woorde word rondgegooi, simpel statistieke en Venn-diagramme word op ‘n witbord geteken en elke bestuurder voel belangrik. Jy sit en dagdroom oor die sigaret wat jy oor ‘n uur kan rook en hoe lekker dit sal wees om die koki-pen te snuif, en jy dink aan plannetjies om vroeg te duik om die gemors van spitsverkeer op die N1 te mis.
Dit is dan wanneer die pawpaw die die fan strike – jy wil gaap, maar jy wil nie jou gevreet ooprek soos ‘n wafferse seekoei en punte by die baas verloor in die “belangrike” vergadering nie. Wat doen jy? Jy probeer jou gaap inhou en trek so lang gesig terwyl jy jou smoel probeer toehou. Drie sekondes later traan jou oë. Almal weet jy het gegaap, jou blerrie loser.Darem het jy nie gepoep nie…
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Place your ad here
Watkykjy staan op 3,085,551 post views in totaal sedert 1 November, 2019.