1) Panyaza Lesufi is in die poefie. Die Gautengse LUR vir Onderwys is 6 van die bestes toegedien deur die konstitusionele hof nadat sy department se appèlaansoek oor die plasing van ‘n paar souties by die Hoërskool Overvaal met koste van die hand gewys is. Die man is besig om vinnig opgang te maak as een van die ANC se finest citizens, ook bekend in sekere kringe as ‘n drol. Dieselfde drol wat homself as hero probeer paradeer met hierdie week se aankondiging deur die Gauteng ANC dat hulle e-tol gaan skrap. Net betyds. Het nou die dag ‘n ellelange queue gesien buite die tollenaarswinkel in Cresta. En met ellelange bedoel ek fokkol mense. Dieselfde drol wat hierdie week die heraanstelling van Qedani Mahlangu as deel van die Gautengse Bestuurskomitee verdedig het. Jip, dieselfde Mahlangu wat in die Life Esidimeni skandaal meer as 140 verstandelik-siek mense se dood veroorsaak het. Besige week gewees vir Lesufi. MEC vir ONDERwys? Eerder MEC vir BOdeurdiekak.
2) Donald Trump juweeltjie vir die week: Ou Flinkdink is gesien met sy ster tussen sy bene nadat iemand sy ster op die Hollywood Walk of Fame gevandaliseer het. Met ’n piksteel. No love lost there.
3) Cadbury Schweppes het hierdie week vir Nestlé die middelvinger gewys. En toe nog drie vingers. Dit kom nadat Nestlé se poging om handelsmerkregte op die viervinger-stafie vorm van hul Kit Kat sjokolade te verkry, klaaglik misluk het. Sulke kinderagtige bliksems. Sulke baby tjoklits.
4) Wat het Cristiano Ronaldo, Kevin De Bruyne, Antoine Griezmann, Eden Hazard, Harry Kane, Kylian Mbappe, Lionel Messi, Luka Modric, Mohamed Salah en Raphael Varane in gemeen? Hulle is almal op die kortlys vir FIFA se 2018 Mansspeler van die Jaar Toekenning. Enige ander groot name wat oor die hoof gesien is? Ney, maar dan weer, daar is geen toekenning vir mees dramatiese val-en-rol nie.
5) Sal ek ooit ‘n dieretuin in Egipte wil besoek? Nee donkie. Fok. Nie nadat hulle twee donkies met swart en wit strepe beverf het en besoekers probeer oortuig het dis zebras nie. Dis wat die International Garden Municipal Park probeer doen het. Maar een besoeker het die verf smudges raakgesien en foto’s van die “donkies” op Facebook gepos. Steeds het die zoo volgehou it’s the real thing en kenners (i.e. enigiemand met twee oë) kon sien hierdie is ‘n perd van ‘n ander kleur. Het dit enige verskil gemaak aan mense se besluit om die dieretuin te besoek? Neigh, maar dit beteken hulle kan binnekort net twee voetoorgange gebruik as stand-ins.
Watkykjy staan op 3,083,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.