1) Hoe gereeld sluip foute in by die vertaling van eksamenvraestelle? Dit gebeur heel periodiek volgens die Gautengse onderwysdepartement wat hierdie week omverskoning gevra het vir die foute wat in die tegniesewetenskapvraestelle wat in Junie geskryf is, voorgekom het. ‘n Swak vertaalde weergawe van die periodieke tabel is aan Graad 10- en 12-leerders by sekere skole verskaf, maar volgens die department het geen van die vrae verband gehou met die elemente wat verkeerdelik aangedui is nie. Elemente soos Gadolinium met die afkorting Gd is as “God” aangedui. Ander foute sluit in Helium (He) wat “Hy” geword het, Berillium (Be) het “Wees” geword, Kobalt (Co) het “Mede” geword, Jodium (I) het “Ek” geword en Astaat (At) het “By” geword. Wag tot Steve Hofmeyr (Doos) wat soms verkeerdelik as “Sanger” aangedui word, hiervan te hore kom.
2) As jy wil wegkom met kraaim, bly weg uit Limpopo. Die provinsie is die enigste wat sedert 2013 daarin geslaag het om nie een enkele polisiedossier te verloor nie. Maar volgens ons Minister van Polisie, Bheki Cele, kan jy redelik kak aanjaag in die Wes-Kaap en Gauteng waar onderskeidelik 229 en 128 dossiere sedert 2013 vermis geraak het. Fok, mense, hierdie land is meer korrup as ‘n miljoen Microsoft Word files!
3) “Pappa het in die kar gewag.” Oulike titel vir ‘n boek oor mens se lewe. Miskien sal dit die titel wees van die lewensverhaal van Duduzane Zuma, oud-president Jacob Zuma se seun. Want met sy tweede hofverskyning in die bestek van ‘n week, was hy net 5 minute lank in die hof voor die saak uitgestel is… so kort dat Pappa nie eers tyd gehad het om uit die kar te klim nie. Dit was in verband met ‘n motorongeluk in 2014 waarin twee taxi-passassiers dood is toe Duduzane se Porsche in hulle vasgery het. En ja, sy tweede hofverskyning. Want die eerste een hierdie week was in verband met bewerings dat hy by was toe die Guptas aan die vorige Minister van Finansies, Mcebisi Jonas, omkoopgeld van R600 miljoen aangebied het. Zuma moes in voetboeie in die hof verskyn en is borgtog van R100 000 toegestaan voordat die saak tot 24 Januarie uitgestel is. Bewyse, as enige nog nodig was, dat die vrot appel nie te ver van die boom af neerbliksem nie.
4) Katryntjie het Jantjie mooi gevra. Kom huistoe. En Kurt Darren se verlange na sy mamma wou ook op Loslappie hand uitruk en hy wou met alle geweld huistoe. Maar na Engeland se vertoning in die Sokker Wêreldbeker hierdie week, is dit eerder ‘n geval van “Loslootjie.” Hulle is huistoe. Vir 4 jaar. Terug na Mamma toe. Want terwyl almal gedink het Kroasië se verskyning in die semi-finaal is net ‘n Los Gelukkie, het die span gat geskop en face hulle nou Frankryk in die finaal. En met spanlede soos Strinic, Mordic, Rakitic, Livakovic en Brozovic, is dit geen verrassing dat Engeland se reaksie as Sonofabic beskryf kan word nie.
5) Ek fokken brand om te weet wat deur mense se koppe gaan voordat hulle ‘n gebou aan die brand steek. Sure, jy is ongelukkig. Dienslewering is kak. Pryse gaan op. Nicholis Louw release nog ‘n CD. Maar vir wat voel jy genoop om ‘n brandweerstasie aan die brand te steek? Kom, julle mensies van Gugulethu in die Kaap. Speak up! Bietjie van ‘n Catch-22, né ouens? Kom ons lees dit weer. Steek die brandweerstasie aan die brand. En versper die pad met brandende buitebande sodat die brandweer van Mitchells Plain nie vinnig genoeg daar kan uitkom om skade tot ‘n minimum te probeer beperk nie. Sommige mense probeer oplossings vind. Ander brand weer om kak te maak en hul eie noodsaaklike dienste keelaf te sny.
Watkykjy staan op 3,073,774 post views in totaal sedert 1 November, 2019.