Stick jou lam vir Liefde by die Dam! (score tickets!)

In Kompetisie, Watkykjy Gigs deur griffinRek jou bek

Konsert en kuier gaan hand aan hand, en handjies vashou is mos Liefde. Vanjaar vind die gewilde Liefde by die Dam op Sondag 5 Augustus plaas – weer by Emmarentia Dam, een van Suid-Afrika se mooiste konsert-tuine. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud;`n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of `n lekker dag uit saam met jou besties. Ag ons! *neem sulke pouty selfie*

Die line-up is nou nie almal se cup of tea nie, maar teen R165 is dit at least die moeite werd om Die Heuwels Fantasties,  Francois van Coke, Koos Kombuis, Elvis Blue, en Bongeziwe Mabandla uit te check. Maybe is daar van julle wat dalk heavy closet fans is van Karlien van Jaarsveld, Martin Bester en Bouwer Bosch ook.
Charlotte Kanter, Liefde by die Dam se marketing manager tune dat hulle weer vanjaar kragte span met Bouwer Bosch en sy Liefde Wen-span om na die afloop van die konsert komberse in te samel vir minderbevoorregtes, so daar is darem nog so iets bietjie positief om die cringe effens te verdun.

Ons was self so twee jaar terug by die show gewees en dit was befok lekker gewees – bring piekniekmandjies. Daar sal ook `n verskeidenheid kosstalletjies wees en merch om te koop. Ons gaan hierdie keer weer ‘n draai skiet en ons beste dagdronk raak.

Wen ‘n stel double tickets!
Dis maklik – mail  ons net met ‘n nice briefie en vertel ons hoekom jy die stel double tickets soek vir die concert. As ons jou briefie like, sweef ons jou die tickets. Ons soek dit samblief voor Maandag (16 Julie) 17:00.
Stuur jou email na griffin@watkykjy.co.za

Program:
Hekke maak 10h00 oop.

11:00 – Martin Bester
11:40 – Bouwer Bosch
12:25 – Bongeziwe Mabandla
13:30 – Karlien van Jaarsveld.
14:30 – Koos Kombuis.
15:15 – Elvis Blue
16:15 – Die Heuwels Fantasties
17:15 – Francois van Coke

Datum: 5 Augustus 2018
Tyd: 10VM – 6NM
Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg
Kaartjies by Computicket:  http://bit.ly/LBDD2018Tkts

R165 Aanlyn / Kinders 12 jaar en jonger: R75 / Onder 3: Gratis.

Spesiale kaartjie aanbieding:
VIP kaartjies: R595 – sluit VIP ingang, spesiale sitplekke naby verhoog, gratis drankies en versnapperinge.

 

griffinStick jou lam vir Liefde by die Dam! (score tickets!)

Gooi Comment