Ek weet ek is veronderstel om ‘n sekere vlak van objektiwiteit te handhaaf as ek reviews skryf, in die naam van billikheid en regverdigheid, en ek moet myself soms herinner hoekom ek musiek weekliks review. Anders raak dit soos ‘n werk. Bleh. How did that four letter word get in here? Julle ken die redes: passie vir musiek, selfontwikkeling en om vir mense te wys watse kief musiek daar in SA (en soms oorsee) is. Ek kan seker nie altyd sekere bands of kunstenaars dodge omdat hulle tunes nie in my smaak val nie; veral nie as hulle gaskunstenaars op ‘n album is nie. He he he. As ek wel besluit om sulke bands se musiek te review – of dié waaroor ek nie te mal is nie – verkies ek deesdae veel eerder om my eie vooroordele uit te daag en te probeer toets. Jy gaan anyway verstaan wat ek sê en dis glad nie nodig om links en regs bands te trash nie. Dis ook baie maklik vir mense om te sê reviewers moet “net eerlik wees”. As jy konstant na verskillende musiek luister en jou mening lewer daaroor, moet jy eers fokken try uitfigure presies waarmee jy te doen het because it can all get kind of blurry sometimes; en dan moet jy nog intelligent try verwoord wat daai “eerlikheid” behels. Partykeer weet ek self nie voor ek begin skryf en dinge vir myself begin uitpluis nie. Ek hoop meeste van die tyd maar net ek weerspreek myself nie.
Kom ons begin by ‘n punt: Francois van Coke se musiek is redelik diverse en ek hou van sekere van sy songs baie meer en dan van ander weer baie minder. Sy laaste solo album Hierdie is Die Lewe is, in geheel gesien sonder twyfel, ‘n great album. Ek het dit review verlede jaar. Hy het nogal kanse gevat met die vermenging van verskillende old school en nuwe klanke en daarin geslaag om Afrikaanse popmusiek se boundaries weer so bietjie wyer te verskuif en veel meer aan fans te bied as net daai selfde ou geykte reseppies.
As dit by Die Heuwels Fantasties en Jack Parow se laaste offerings kom, vind ek dit moeiliker om verby my eie vooroordelings te kyk. Gelukkig hoef ek dit nie vandag te probeer nie. Ek sal dit los vir ‘n volgende keer. Ek gaan vandag net fokus op die vier songs op hierdie EP. Mens kan ook nie verwag dat Francois met elke liewe album baanbrekerswerk moet doen nie, nie waar nie? Met hierdie een het hy met behulp van sponsors ‘n paar vriende betrek om ‘n EP te maak. Simple as that. Die EP is ‘n voorloper vir die AMP Events produksie, Francois van Coke & Vriende, (in samewerking met kykNET en Jacaranda FM) wat op 15 September 2018 gaan plaasvind by Sun Arena, Time Square in Pretoria.
“Al vier van die kunstenaars op die EP is deel van die ‘Francois van Coke & Vriende’ produksie. Ek wou hierdie jaar nuwe musiek vrystel voordat ek my derde vollengte solo album uitsit in 2019. Nadat alles lekker bymekaar gekom het vir die show in Pretoria, het dit soos ‘n goeie idee gevoel om saam met van hierdie vriende nuwe musiek te skryf. Met behulp van Red Bull Studios Cape Town en Jägermeister, het ons ‘n EP gemaak wat great klink. Dit gaan awesome wees om ‘n song soos ‘Altyd lief vir jou’ met Early B vir die eerste keer op te voer by die Sun Arena,” tune Francois.
Met die eerste song genaamd Ek lewe, Ek Belowe bou Francois voort op sy wel gevestigde solo pop-rock sound, maar Die Heuwels Fantasties (Pierre Greeff) se invloed is duidelik hoorbaar – vocals, backing vocals, lyrics, harmonieë, melodieë en al daai lekker goed. Dit het genoeg woema ook, nie net jou deursnit Heuwels treffer-vibe nie. Interesting.
Die volgende song, Altyd Lief vir Jou feature die Vriendelike Stad se Early B. Dis iets wat ek lanklaas gehoor het: ‘n local Afrikaanse rap/rock colab wat coolness, kalmte en poesklappe uitdeel. Hey, en daar is solos ook in die song. Nie te veel nie; net genoeg. Befok! Ek is nog on board sover.
Wat is volgende? Spaar my Asseblief. Nee dis die song se naam, hoor. Laudo Liebenberg van aKING se kenmerkende stem skop ‘n stewig-maar-rustiger pop anthem af. Nogal ‘n mooi tune met ‘n sweet eighties bass line.
Laastens, ‘n moerse curve ball. Ek het cheesy hip/hop verwag met Moenie Bang Wees Nie. Ja, die song het my gat geskop en dit het ‘n positiewe boodskap ook. Check dit uit, Francois en Die Heuwels Fantasties is weer hier in Gauteng te sien by Liefde by die Dam 5 Augustus 2018 en bietjie later vanjaar gaan nog baie ander van Francois se vriende saam op stage gaan perform.
Watkykjy staan op 3,091,370 post views in totaal sedert 1 November, 2019.