Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
ESKOM
As selfs die Carte Blanche-span sukkel om die volle waarheid uit iemand te kry, moet jy weet alles is nie honnderd bedonnerd nie. Erens is daar lelike knoeiwerk betrokke.
Eskom waarsku die publiek om nie te veel van hulle produk te gebruik nie, veral nie in die winter nie. Hulle waarsku ons dat ons nog ten minste sewe jaar gaan short kom met krag. Geld is daar darem, want al die base kry dan bonusse – seker om generators mee te koop.
Die regering, ‘n aandeelhouer, speel ook nie lekker saam om ‘n uitweg vir die kragkrisis te vind nie.
Die antwoord is eintlik voor die hand liggend: Kry ‘n kakhuis vol ingenieurs om vir ons ‘n moerse sonpaneel in Pretoria te kom oprig. Kry dan die hele kabinet en Eskom bymekaar om hulle broeke gelyktydig af te pluk en hulle gatte na die sonpaneel te wys. Daar behoort eenmalig genoeg lig uit te skyn om Mzanzi en sy buurstate van krag te voorsien tot ons eendag die Olimpiese Spele hier aanbied.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,092,377 post views in totaal sedert 1 November, 2019.