Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Duur biltong
So hierdie is die deel waar ek maak of ek ouer is en praat oor die goeie ou dae toe jy by die slaghuis op die hoek kon instap en vir ‘n skamele R10 nét so ‘n sak gekerdfde biltong kon saamvat huis toe. Nét so ‘n sak. Bruinpapier en als. Befok gewees. Ek praat nou van daai seriously old-school slaghuise met die teëlvloere en die dik blokman met sy swart snor, worsievingers en bloedbespatte voorskoot. En die biltong… Ai kêrels, die biltong was net reg. Wonderlik geurig, net genoeg koljandersade en nie te droog nie – nog so rooi-pers in die middel – dat hy smelt op die tong. Hel, dit was die dae.
En nou? Nou betaal jy maklik R60 vir ‘n steriele plastieksakkie waarin ‘n paar uitgeteerde stokkies sonder sonder smaak sukkel om die skaal by die 100g kerf te laat uitkom. Al die lewe daaruit gedroog. Dalk moet hulle vir Arnold Vosloo inspan – Biltong: Die Mammie. Dit maak ‘n man se hart seer, jong. Dit maak ‘n man klaar.
Die boere in die ou dae moes fokken ryk gewees het om die heeltyd te kon eet. Wat is volgende? Beskuit teen R400 ‘n kilo? Of moerkoffie teen die prys van petrol? Dis nie fair nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.