Hey, Die Anwoord het alweer ‘n nuwe music video uit! So wat kan jy verwag voor jy play druk? Wat is jou predictions? Vat so vyf raaiskote en dan kyk ons so bietjie of jy reg wss:
Directed by Ninja? Check.
Featuring Yo-Landi Vi$$er? Only always.
Is daar grafiti gebasseer op Roger Ballen se kuns? Natuurlik.
Maak tiete, seks of nudity een of ander tyd hulle verskyining? Doiiiing!
Feature hulle dogter, Sixteen Jones in die video? Met ‘n skyf.
So wat is nuut? Baie, actually! Die Antwoord deliver altyd cinematic quality en hierdie keer het hulle weer die game ge-up met fantastiese special visual effects. Yo-Landi is getransformeer in ‘n tipe alien kokkerot prawn vibe wat 100% ‘n hat tip is na Sharlto Copley en District 9 – hulle Instagram monikers is immers Prawnstar en Zef Alien. Ninja vat ‘n kleiner rol in die music video as ‘n scummy, doserige bartender wat die focus op square Yo-Landi plaas. Dis immers haar tune en sy vat centre stage, tot hulle dogtertjie, twaalfjarige Sixteen Jones die show steel heel aan die einde.
Die video is in Detroit geskiet en produce deur Manon vor Gerkan, David Blaine se ex girlfiend. Jy het haar in Shalow Hal ook gesien as een of ander hot chick. Dis maar hoe Die Antwoord rol – connections met fashion en models vir die afgelope twee jaar, waar hulle hulself nou permanent bevind in LA, in da overseas in da US of A.
Die song, Alien, is, soos hulle nuutste album, maar fokken kakkerig. Dis ‘n kinderlike en kinderagtige lullaby – die tema van vervreemding en rejection. Die vibe van ‘almal op skool het gedink ek is faktap maar nou wys ek vir hulle want ek het kakbaie zak’. God, skool is al amper 20 jaar agter jou. Maar hey, dis ‘n deurlopende tema met Die Antwoord en dis pretty much wie hulle is. Dis actually glad nie boring nie. Voer daai anger! Dis half ‘n genre vir hulle en dis waarop hulle sover hulle career gebou het. En hier is die eintlike besef uiteindelik dat die album op sy eie nie vir my ‘n fok sin maak nie. Dis nie meer luistermusiek nie (dit was altyd) en dis nie meer dansmusiek nie (dit was altyd). OK, van dit is nog effens dansmusiek, maar dis deesdae meer kykmusiek en dis wat Die Antwoord moet aanhou maak, want hulle is probably die beste daarmee as dit vergelyk moet word met die local scene se music videos. Dis dalk unfair om Die Antwoord met die local scene te vergelyk, maar hulle het hard gewerk om tot daar te kom en hulle is absolute visual masters! En daar maak die tune Alien ewe skielik sin, want dis ‘n klein sound track vir ‘n klein movie!
You gotta give it to them, Die Antwoord maak befokte klein filmpies! Maak nog, julle naaiers!
Watkykjy staan op 3,074,311 post views in totaal sedert 1 November, 2019.