Ek het verlede jaar September bietjie gekyk na die eerste twee NIN EPs wat veronderstel was om deel te wees van ‘n multi-jaar trilogie projek – https://www.watkykjy.co.za/2017/09/add-violence-nine-inch-nails-is-terug-met-nog/ . Ek geniet steeds hierdie twee EPs van die trilogie en kon obviously nie wag vir die laaste een nie maar dit het nogal kaklank gevat. Die hele idee agter die trilogie was om een storie te vertel maar om die musiek in drie dele uit te reik en sodoende die hele offering meer verteerbaar te maak in ons short-attention-span wêreld.
Die vraag wat NIN gevra het heel aan die begin van die projek was: wat is ons almal se plek in vandag se wêreld en hoe stuur ‘n mens jouself binne hierdie chaos? Die eerste EP, Not the Actual Events, hel meer terug na die self-destructing negentigs se nihilisme toe terwyl die tweede EP, Add Violence, weer die blaam verskuif na die wêreld om ons. Maybe woon ons almal in ‘n rekenaarsimulasie en ons het geen beheer daaroor nie? Op Bad Witch het NIN, met hulle uiteindelike antwoord op die vraag ‘n hele nuwe vlak van self-destruksie bereik en dis obviously as gevolg van die huidige politiese klimaat, soos Trent dit opgesom het in ‘n interview met The Guardian: “We aren’t these enlightened beings, here to take care of each other and think about our benevolent role in the universe as protectors and creators – we’re just a fucking mutation and an accident.”
Reznor se opinie is dat mens nie net Donald Trump kan blameer vir die huidige stand van sake nie, maar dat dit Amerikaners se online behaviour is wat hulle op ‘n pad van selfverwoesting begin lei het en dat dit mense se onnoselheid, vooroordeel en verwronge persepsies was wat veroorsaak het dat hulle vir ‘n President soos hy gestem het en dat ons op ‘n onomkeerbare pad is wat uiteindelik na ons algehele ondergang gaan lei. Jy mag miskien nie hou van musiek wat sulke doomsday en politieke standpunte uitdruk nie, maar is dit nie kunstenaars se werk om hierdie vrae te explore en dan in kuns uit te druk nie? Is dit nie hoe mense se sienings verander kan word nie? Is dit nie hoe die wêreld gered kan word nie?
In ware Trent Reznor-styl het hy die reëls intussen gaan verander ook en eerder die laaste EP as ‘n “album” uitgebring so week of wat terug. Die rede? Hy tune Spotify en ander streaming services sit EPs by kunstenaars se singles en dit raak dan makliker verlore. Ek verstaan sy punt want ek het nogal gesukkel om NIN se EPs dadelik te kry op Spotify. Ek moes eers die search function gebruik. Dit mag klink of hy anal is maar as jy dit vergelyk met ‘n fisiese CD-shop is dit net so goed jy stal jou nuwe CD uit agter in ‘n donker obskure hoekie iewers. So I get it.
In der werklikheid is Bad Witch nie ‘n album nie, maar die derde EP in die trilogie. So maand terug het Reznor dit verduidelik op NIN se Echoing the Sound fan forum en gevra hoekom somige fans in hulle panties skittery daaroor want hulle charge nie meer geld daarvoor nie. Een fan het hom baie kak gehap en toe verder gegaan en gepost dat die regte rede hoekom dit so lank gevat het, is omdat NIN nie meer inspirasie gehad het nie. Reznor se epic antwoord was: “Suck my entire cock!”
Ek sien NIN fans in die States dra al reeds “Suck my entire cock” t-shirts. Nou dis ondernemingswese!
In ‘n interview met die BBC het Reznor die regte rede vir die lang wag voor Bad Witch uitgereik is, verduidelik. Kortliks is dit omdat hulle agtergekom het hulle plaas hulleself alweer in ‘n boksie en die eindprduk was té voorspelbaar. So hulle het aanhou probeer tot hulle by iets meer relevant en eerlik uitgekom het. Baie fans hou nie daarvan dat politiek en musiek vermeng word nie maar ek het nogal respek daarvoor. Politici se keuses beïnvloed ons lewens op soveel vlakke, so hoe kan jy kunstenaars verhoed om eerlik te wees oor politici, die mensdom of wat ookal in die wêreld aangaan?
Reznor gee Kanye West ‘n lekker PK van die kant af in die eerste interview, maar ons gooi sommer die tweede deel van die interview ook. Reznor en Atticus Ross gee hulle opinie van Childish Gambino se This is America video en hulle praat ook oor hedendaagse ‘Murica en of kunstenaars politieke uitsprake moet maak of nie.
So hoe klink die tunes self? Play the Goddamned Part en I’m Not From This World is twee instrumentals wat aan die begin nie ‘n huge impak op my gemaak het nie, maar hoe meer ek dit geluister het, hoe meer het dit inge-blend met die tema van die hele trilogie. Shit Mirror het daai old school NIN-feel en jy kan dit lekker hard en kwaad gooi as jy wil of net jouself verloor in die alien-klanke. Jy weet mos jy kan anyway nie NIN luister soos jy ander bands luister nie. Hulle vat jou nie op ‘n trip in ‘n comfort zone in nie. Dis altyd ‘n bumpy ride in ‘n nuwe unknown wêreld en in jou eie psige in. God Break Down the Door is seer sekerlik die flagship song van hierdie “EP” en een van die befokstes van die hele trilogie. In die ou dae het ons dit ‘n single genoem.
Dis ‘n classy sax-filled song, maar ook met haastige in-your face-percussion. Jy kan die gees van David Bowie hoor sweef tussenin die spasies van al die beeldskone note en klanke. The Thin White Duke was een van Reznor se rolmodelle en redders. Nie net musikaal nie, maar ook wat gedrag aanbetref. Eventually. Wie weet, miskien is daar tog een of ander verlossing vir al die aaklige diere in die human race?
Watkykjy staan op 3,056,652 post views in totaal sedert 1 November, 2019.