1) Ek fokken slaap soos ‘n klip wetende dat die DA vir my belange veg. Ek weet byvoorbeeld as ek sterk voel oor waar ek wil parkeer, kan ek die DA nader. Want diefokweet, kan die bliksems oor meer kinderlike kak baklei as dit? In the left corner, Johan Stander, DA stadsraadlid. En (aangesien dit die DA is) in the left corner, Gert Niehaus, wat in Oktober 2016 nog DA kollega van Stander in George was. Die twee kolossale fak-nats het ‘n meningsverskil gehad oor ‘n parkeerplek op die munisipale parkeerterrein. Toe stamp die een die ander blykbaar en voor jy kan sê “Jou-ma-se-gwar,” het dit lelik geraak. Die saak is uiteindelik hierdie week in die hof aangehoor en Stander is vrygespreek van enige aanklagte teen hom. My gunsteling quote oor die hele gedoente is die volgende vanaf Stander: “Dit was 19 moeilike maande gewees. In die 19 maande het ek ook geleer van my gesin, my familie, vriende, professionele sakelui en medekollegas wat by my gestaan het.” Eat your heart out Joan of Arc.
2) Die EFF kon hierdie week gemaak het wat hulle wou, maar hulle sou gesukkel het om die media-sirkus rondom die DA te troef. Dames en Here, ons stel bekend Patricia de Lille. Die DA se Top 3 treffersparade van redes hoekom hulle van haar ontslae wil raak het out of nowhere a nuwe entry hierdie week gehad, straight in at number 1. De Lille het in ‘n radio-onderhoud op 702 haar voorneme bekend gemaak dat sy sal bedank. Fok. Ten minste het sy nie oor ‘n parkeerplek baklei nie. Nietemin, die DA besluit toe om haar lidmaatskap hieroor op te skort. Dieselfde DA wat hierdie week erken het dat sommige beweringe wat senior partylede oor De Lille gemaak het oor haar beweerde betrokkenheid by wanbestuur, was vervals. Moet bieg, daar is tans ‘n sterk Mmusi van wantroue in die amptelike opposisie se grip op reality.
3) Koerantopskrif van die week moet gaan aan die siek bliksem by The Star wat met hierdie juweeltjie opgekom het: “Mine launches probe after shift manager is fingered.” #sulkegiggelonbeheersd. Dit, na aanleiding van die feit dat die mynmanne by die Sibanye-Stilwater Myn blykbaar mynwerkers viktimiseer wat klik op hulle as hulle geforseer word om ondergronds te gaan wanneer toestande onveilig is. Regtig mense. Ek gaan weekliks ondergronds en ek kom niks oor nie. Niemand weet eers van my geheime identiteit as spioen vir di… uhm… ek bedoel… uhm… fokken lekker weer wat ons tans het of hoe?
4) Checkers het hierdie week die moeder van alle sosiale media aanslae geface. ‘n Foto geneem in een van hul winkels het Moedersdag promosiemateriaal met idees vir die spesiale dag gewys bokant ‘n display met skoonmaakmiddels. Die winkel se verweer is dat hulle besig was om die actual geskenkidees nog te skuif na die rak toe toe iemand die foto geneem het. Whether that’s true or not, ek het bietjie in my mond gekots oor ons fokken mensdom se beheptheid met skok en weersin oor onbenullighede. Prioriteite fokkers. Soos parkering. Is daar parkering buite die Checkers? Is dit net vir die DA of enige politieke party? Is dit net vir een spesifieke DA persoon of kan enige DA persoon (Patricia de Lille uitgesluit) daar parkeer? Pffft.
5) Die man wat as die kern van die VSA se openbare beeld gesien word, ene Donald Trump, het hierdie week aangekondig Amerika onttrek hom aan die 2015 Iran-ooreenkoms waar Iran ingevolge die ooreenkoms ingestem het om sy kernaktiwiteite af te skaal as streng ekonomiese sanksies teen die land opgehef sou word. Trump het ook genoem hy sal die hoogste vlak van sanksies weer teen Iran instel en het ander lande gewaarsku om nie die Iranse regering te probeer help nie, want anders sal hy wat Donald Trump is, ontplof. BOOOM! See what I did there? Hallo? Iemand daar?
Watkykjy staan op 3,067,175 post views in totaal sedert 1 November, 2019.