1) “Wetteloos. Dis wat hierdie fokken land is.” Hoe baie hoor mens dit nie wanneer daar lekker sakkie-sakkie musiek in die agtergrond speel en iemand besig is om jou vleis moer toe te verbrand nie? Of hoe baie sien mens dit nie op goeie ou Vuisboek wanneer daar oor enigiets semi-kontroversieel gepos word nie. Fok. Pos bietjie net die woord “swart,” en ek sweer iemand sal respond met “Wetteloos. Dis wat hierdie fokken land is.” Maar blyk nou hulle het dalk ‘n punt toe dit hierdie week rugbaar geword het dat verlede jaar die jaar is waar parlement nog die minste wette aangeneem het sedert die begin van ons demokrasie. Deel van die probleem is die luigatgeit van portefeuljekomiteelede wat die voorgestelde wette laat lê en stof opgaar. Een so wet is die nasionale boswet wat vermoedelik fokkol te doene het met die feit dat soveel landsburgers bos gaan om elke hoek en draai wanneer hulle nie hul sin kry nie.
2) Gepraat van bos… ‘n leërskare het hierdie week Ray Dylan se tydlose 2006 liriek-juweel, “Hokaai stoppie lorrie,” gedownload. Wel, hoe anders verduidelik mens die klaarblyklike aanhitsing wat geblameer word vir die wetteloosheid (daar’s daai woord weer) by die Mooiriver Tolplaza toe tussen 32 en 35 lorries aan die brand gesteek is deur wettleloses. En daai loud “beep-beep-beep” geluid wat jy hoor, is nie ‘n trok wat reverse nie… dis die land wat agteruitgaan, maats.
3) ‘n 37-jarige man is by OR Tambo vasgetrek met R1,8 miljoen se versteekte goedere in sy besit. Aanvanklike bespiegeling dat dit twee fliekkaartjies, twee large pocorns en ‘n boksie Smarties was wat by Ster Kinekor gekoop is, is later as vals bewys toe dit bekendgemaak is dat dit dwelms, vermoedelik kokaïen was. Die man is tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie deur die polisie in hegtenis geneem. Ongelooflik right? Intelligensiegedrewe operasie deur die polisie? Who knew?
4) Sibongiseni Dhlomo is hierdie week se wenner van die “Naïwiteit, Waar Is Jou Einde?”-toekenning. Die KZN LUR VIR GES… ekskuus, die KZN LUR vir Gesondheid het ‘n verrassingsbesoek aan ‘n hospitaal afgelê en met skok agtergekom pasiënte slaap op bankies en vloere. Kan jy nou meer? Ek meen, ons almal glo staatshospitale beskik oor die beste mediese toerusting. Nevermind fokken beddens. Dit kom daarvan as die regering slaap.
5) Die Ghoemas het ook hierdie week plaasgevind. Dis soos die Oscars, maar met minder politieke-korrektheid. Dit verklaar hoekom Steve Hofmeyr gewen het in die kategorie “Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar.” Ons ou Afrikaner-volkie sal mos vir Steve stem no matter what. Beste graanvlokkies? Steve Hofmeyr. Kar van die Jaar? Steve Hofmeyr (want hy ry so lekker). Gewildste Lesbiese Moddergeveg in ‘n Vlaamse Midget-porn Film? Steve Hofmeyr. Fokken wetteloos sê ek jou.
Watkykjy staan op 3,048,224 post views in totaal sedert 1 November, 2019.