Ok, so ek review nie moerse baie kommersiële popmusiek nie, maar dis nie te sê dat ek dit nooit in my lewe geluister het of deesdae net soms luister nie. Baie van wat ek tans op die trefferlyste, radio of MTV hoor, klink net luigat, herhalend en uitheems vir my. Ek mors nie rêrig my tyd met tos musiek nie. Hoe weet ek pop musiek is befok vir my? Want dit verveel my nie of laat my nie cringe nie. Ek onthou wel ‘n tyd toe treffers nog redelike ordentlike musiek was. Marc Anthony, Sade, Sisqo, Enrique Iglesias, Ricky Martin, Craig David, Mary Mary, Jennifer Lopez, Savage Garden, NSYNC, The Backstreet Boys, The Fugees, Three Doors Down en Hoobastank is net ‘n paar van daai tyd wat ek kan onthou. Die rockmusiek was flouerig en R&B en rap het baie meer begin neig na die booty-booty-bling-bling vibe in die laat negentigs, maar dit was nog nie so erg soos vandag nie. Die cheesy boyband love songs (alhoewel ons dit baie ge-mock het) was, in hindsight, eintlik nogal luisterbaar gewees. Komaan, erken dit! Jy het dit ook soms geluister!
My laaste jare as ‘n student het ek in ‘n call centre gewerk, twee keer ‘n week, dwarsdeur die nag en oor naweke. As ek nie daar telefoniese “regsadvies” gegee het nie, of geswot het nie, het ek MTV gekyk. Dieselfde songs oor een oor – maar ek besef nou dit was miskien die laaste goeie popmusiek ooit? Ek praat nou van in geheel gesien, nie net uitsonderings hier en daar nie. Ek is seker daar is pop tunes wat deesdae befok is. Min, maar daar sal wees.
Die punt wat ek wil maak is: Pedro Barbosa se nuwe album is definitief beïnvloed deur daai era se musiek. Ek het dit met hom getoets en ek was obviously reg, alhoewel nie deur elke liewe artist wat ek hierbo genoem het nie. Die musiek is so mengsel van chilled dans ritmes, boyband treffers en akoestiese pantydroppers. Daar was ook so slight latino vibe in meeste pop songs.
*Sit so in jou Lamborghini, gooi duur bracelets by die venster uit en cruise langs die see by Ibiza, in diep bepeinsing oor jou lover wat nie meer aandag aan jou gee nie*. Strangers in the Night, Burning en What What is goeie voorbeelde. Mark Beling het die album produce en ge-mix en ja, dis nogal fokken goed gedoen. Meeste van die album kon treffers oorsee wees maar ek wonder of daar nog ‘n mark vir hierdie tunes is deesdae? There should be. Hoe meer jy in die album in delf hoe meer kom jy agter Pedro Barbosa se lirieke en boodskap is bietjie anders as agtienjaar terug se megastar bootylicious materialisme. Dis geen verassing dat Money Got Nothing On Me my gunsteling tune op die album is nie.
“I’ve rocked all the way to the top, I’ve built myself a rock, I bought friends with good time and love, ‘cause money’s got nothing on me”.
Dis nie noodwendig die beste song (musically) nie, maar ek like dit want ek kan relate. En dis catchy. Dis onmoontlik om nie saam te sing as jy cruise in jou Mirth Mobile nie. Ek was ook nogal verbaas dat Pedro so diep en sielvolle seun kan wees. My indrukke van hom was nog altyd die van ‘n party animal verhoogkunstenaar. Baie interessant vir my is hoe persoonlik die album is. Die songs is almal gebasseer op persoonlike ondervindings. Crazy Love Is, is die beste voorbeeld. Dit vat nogal guts om jouself so nakend en kwesbaar op ‘n album uit te stal. Nie letterlik nie man, jirre! I don’t need that picture in my mind! Gots!
Ok, so waar die eerste deel van die album meer chilled out dans vibes is, is die laaste deel weer heeltemaal anders. Welcome to the boyband side! As jy van eerlike, sentimentele love songs hou, gaan jy dié deel baie geniet. Ek is nou nie die mees romantiese persoon op gods groen akker nie maar ek kan mooi, betekenisvolle (sommige mense sal tune cheesy) love songs erken en waardeer as ek dit hoor. Nou is almal like: “maar jy is dan ‘n metalhead? What the fuck? Daar was al tye in my lewe toe ek baie cheesy love songs geluister het, hoor! Die laaste song is ook een van my gunstelinge. Pedro het dit vir sy nephew geskryf en dis ‘n baie persoonlike legacy song oor suiwer onskuld en liefde.
Ek het respek vir eerlikheid en artists wat hulleself is. Veral as hulle ‘n kans vat en iets heeltemaal anders as hulle gewone materiaal doen. Dit het gees, is ‘n lekker album vir cruising en ook een vir as jy by die huis alleen is en introspektief wil wees.
Check dit uit!
Watkykjy staan op 3,092,336 post views in totaal sedert 1 November, 2019.