Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Menige Afrikaanssprekendes het in die negentigs voor die kassie ingeskuif vir hule weeklikse dosis humor in Orkney Snork Nie. ‘n Stel common karakters van die Wes-Transvaalse myndorpie was net wat ons nodig gehad het om senuweeagtig vir onsself te lag in ‘n heavy tyd in die land se geskiedenis.
Die ma in die reeks, Maggie Van Tonder (gespeel deur Annette Engelbrecht), het so rooi hairdo gehad. Kort, geperm en ‘n spesifieke skakering van rooi wat net as gruwelik beskryf kan word. As jy die show destyds gemis het, stap gerus in Centurion rond en kyk om jou. Maggies oral. Dis asof sy ‘n cult begin het en alle middeljarige huisvroue gebreinspoel het om hulle har so te kap. Voeg hierby ‘n sentimeter of so bleekwit onderlaag, blou eye shadow en ‘n geblomde rok of broekpak om die look af te finish.
Dis genoeg om enigiemand met smaak af te finish.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,085,042 post views in totaal sedert 1 November, 2019.