1) Daar is al heelwat mans wat gehospitaliseer is na ‘n rusie met ‘n vrou. Maar hierdie week is ‘n man iewers oorsee hospitaal toe na ‘n rusie met ‘n rissie. Die rissie se naam is die Carolina Reaper en het 1.6 miljoen op die Scoville-skaal gehaal teenoor die jalapeno sissie-rissie wat maar 5 000 gehaal het. Die man het begin kla van moerse kopseer en dat hy net nie kan russie en dis toe dat die vabond van ‘n rissie as die brandpunt geïdentifiseer is. Siestog. Kan jy net dink hoe sy holwande geprotesteer het soos ‘n regeringsamptenaar wat oor lunchtyd moes werk.
2) Jy weet daai speletjie wat mense speel waar jy iets moet soek en dan sê iemand vir jou of jy warm of koud is? Wel, as jy hierdie week na lyke gesoek het in ‘n Pick n Pay in Rayton, was jy dalk fokken warm. Rumours dat die Pick n Pay en ‘n lykshuis dieselfde gebou gebruik het vir die berging van, erm, koue vleis, is hewig ontken. Maar stel jou voor… jy vroetel op soek na jou Smart Shopper Card en dan kry jy hoendervleis as jy vir Neef Egmont tussen die bevrore hoenderstukke raaksien. Of dan ten minste iemand wat soos hy, erm, jy weet, lyk.
3) Daar hardloop Faster Semenya haarself toe in die rekordboeke in deur Zola Budd se 1984-rekord in die 1 500m by die Statebondspele te verbeter. Man/vrou, dit was nou lekker. Die ander drawwers was almal mans/vrouens genoeg om haar geluk te wens met haar manjifieke/vroujifieke vertoning. Gevra oor hoe sy voel, het sy geantwoord dat dit vir haar ‘n groot eer is om die mantel/vroutel as kampioen te dra vir alle Suid-Afrikaners.
4) Toe die KwaZulu-Natalse departement van onderwys hierdie week bevraagteken is oor hul besluit om R40 miljoen se sanitêre ware aan leerders te verskaf, is daar glad nie sanitêre doekies omgeruil nie. As deel van begrotingsverhore in die KZN-wetgewer, het dit aan die lig gekom dat daar soveel van die goed aan skole verskaf is, dat dit in skole se biblioteke gestoor moes word en aan kinders so jonk as Graad 1 verskaf is. Dit terwyl die geld eerder bestee kon word aan die aanstel van meer onderwysers of die aankoop van leermateriaal. Iewers pocket iemand weer ‘n kakhuis vol geld en blyk die hele storie ‘n variasie van daai ou gesegde te wees van “Die maandstond het goud in die mond.”
5) En terwyl die hele land… ok, amper die hele land… regmaak vir Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis hierdie naweek, is daar hierdie week op ‘n memorial diens deur die regering hulde aan haar gebring. Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, en overall fokop, het gesê dat die ANC ter ere van Winnie, die land moet teruggee aan sy mense. Niemand is seker of sy hiermee geïmpliseer het dat die regering actually landdiewe is in plaas van wit mense nie. Behalwe vir dit, is die jaarlikse vergadering van die KDISP-vereniging wat hierdie week sou plaasvind, met ‘n week uitgestel. Die KDSIP (Kopdoek Dra Is Sommer Piele) het in ‘n verklaring gesê hulle lede sukkel hul gatte af om kopdoeke te kry vir die vergadering aangesien die hele fokken land en sy Chihuahua kopdoek-befok geraak het in ‘n poging om hulde te bring aan Winnie. ‘n Aanbod uit KZN dat mense sanitêre doekies kon dra, is van die hand gewys.
Watkykjy staan op 3,049,164 post views in totaal sedert 1 November, 2019.