1) Dis ‘n sad realiteit dat onse land van melk en gravy nog altyd agter die res van die wêreld is met sekere dinge. So byvoorbeeld, is dit algemeen bekend dat die konings van Frankryk en Engeland reeds vanaf die 14de eeu altyd ‘n hofnar gehad het om hulle te vermaak en te laat ontspan. Hier in 2018 kom Suid-Afrika uiteindelik by met die aanbreek van ons eie nar, Jacob Zuma, se verskyning in die hof op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verwant hou met die omstrede 1999-wapentransaksie. Net die tyd sal leer wie vir al die gelag gaan betaal.
2) Jy vat jou wiele na ‘n karwas. Jy los die kar daar terwyl jy ‘n koffietjie gaan drink of met jou skelmpie verdwyn vir ‘n tjoeftjaf. Jy kom terug en sê dankie vir die karwasprefek. En hy sê “Jy’s welkom.” Maar in Welkom in die Vrystaat werk dit effe anders. Jy kom terug en vind jou kar is so weg soos ‘n meisie by ‘n tegniese skool se maagdelikheid. Dis wat gebeur het met ‘n vrou in Welkom hierdie week. Sy kry toe haar kar voor ‘n taverne en sien hoe een van die petroljoggies by die kuierplek uitkom. En voor jy kan sê “poespas,” neem die gereg sy gang.
3) Honderde mense het kersies gebrand hierdie week toe hulle hoor die moeder van Suid-Afrika is dood. Net om ‘n dag later uit te vind Juanita du Plessis is springlewendig. Winnie Madikizela-Mandela, gewese vrou van Nelson Mandela, is hierdie week in die ouderdom van 81 jaar dood. Daar is ook aangekondig dat sy ‘n staatsbegrafnis sal ontvang met elemente van militêre seremoniële eerbetonings. In ‘n totaal onverwagse reaksie, het heelwat blankes wat sukkel met die uitspraak van ‘n sagte “R” in Engels, op nuuswebwerwe laat blyk hulle hoop sy brand in die hel. Considering Winnie se liefde vir die necklace-metode, kan ons veilig aanneem sy sou haar eie vuurhoutjies saamvat.
4) Paasnaweek het Maandag heel stresvol uitgedraai vir duisende motoriste toe hulle by die Mooirivier-tolplaza op protesoptrede afgekom het. Die protesoptrede is glo begin deur lorriebestuurders wat ongelukkig was oor hul lone waarna inwoners van ‘n nabygeleë nedersetting met affirmative shopping begin het en die trokke geplunder het voor hulle van dit aan die brand gesteek het. Dit het daartoe gelei dat motoriste vir ure vertraag is. Sulke ondankbare motoriste. ‘n Penvriend van my se neef was sy hele lewe lank vertraag.
5) Die huwelik. Dit laat meeste mans maar puzzled. ‘n Intricate fokken netwerk van altyd probeer nie-in-die-kak-wees. Maar as jy die 74-jarige Ken Robinson van Engeland is, dan is jy die meester. Die brawe donner het die laaste twee jaar tot 4 ure ‘n dag spandeer daaraan om ‘n 34 000-stuk puzzle klaar te bou wat hom amper sy huwelik gekos het. Fok. Ek ken mans wat ‘n 50-stuk puzzle sal bou vir dieselfde uitkoms. Vir haar geduld, kon Mevrou Robinson darem skrale troos vind in die feit dat Jesus haar nou baie meer liefhet as wat sy ooit sal weet. Wo wo wo.
Watkykjy staan op 3,124,674 post views in totaal sedert 1 November, 2019.