Ek het nog nie moerbaie instrumentele hard rock sounding albums review nie. Die naaste was maybe Profoundly Dumb se Collective Isolation EP way back when toe ek net begin reviews skryf het vir Watkykjy. Dis sulke weird spaced out metal jazz tunes en nogal ‘n mindfuck. Ek kry eintlik min review requests vir instrumentele rock vibes en alhoewel dit nog elke keer kief jams was, kon ek nie altyd aan lekker temas dink om oor te skryf nie. Wat dan gebeur is dat ander albums met lirieke en vocals wat ek graag wil review, meestal bo op my to do list kom. Dit is seker makliker as daar ‘n storie of woorde is waarmee ek myself kan vereenselwig op een of ander manier. Die musiek moet my waarlik boei as dit net instrumenteel is, anders gaan ek verveeld raak halfpad deur die album en nie ‘n behoorlike review kan skryf nie. Maybe so one liner: “Dis kief maar toe raak dit boring”.
Kings of Improg (of KOI) se klank op hierdie debuutalbum het my dadelik ingetrek. Dis soms nostalgies, soms aangrypend en klink met tye soos ‘n epiese ruimtefliek se klankbaan. Ek het dit ervaar soos ek daarvan hou om jazz musiek te sit en luister – aandagtig sonder om te kan voorspel wat volgende gaan gebeur. Soms hoor jy Kirk Hammett se Metallica ballad solos of basic Marty Friedman tipe riffs, soms net kief old school standard rock riffs wat jou laat dink aan die hey days. Dis nie al nie, though. Daar is jou meer senior tromme en baskitaar (laasgenoemde wat jy duidelik kan hoor). Dit raak soms donker en eerie soos op Epilogue. Trent Reznor klavier vibes. Nice! Ek dink Saffas neem dalk African influences as vanselfsprekend aan. Speel bietjie ‘n paar tunes op hierdie album vir ‘n UK/USA buitelander en vra watter sounds hoor hy of sy alles? Ja, hulle gaan old school proggressive rock en metal hoor maar hulle gaan ook African invloede hoor (die songs Gaea en Insurgent is goeie voorbeelde). Daar is dalk ook ‘n paar ander World Music invloede ook maar dis wat hierdie album so befok maak. Daar is ‘n klomp verskillende musikale invloede en klanke wat (alhoewel sommige invloede meer subtiel is) saamgegooi word en dit klink nog steeds real en tight. As die twists en turns jou ook nie na ‘n verskeidenheid wêrelde of interressante plekke toe transporteer nie, dan is jy op die verkeerde plek en gaan jy dit anyway nie like nie. Hierdie is een van daai albums waar jy jouself in die moods van die musiek moet inleef – dan sal dit ‘n reis begin word en as jy boonop ‘n audiophile is met ‘n klankkamer of goeie oorfone, gaan jy dit ter deë geniet!
Wat vir my ook interessant is, is die manier waarop die projek begin het. KOI het in 2012 begin as net ‘n jamming session met ‘n klomp musikante wat by Byron Muller se pozzie in Brakpan elke paar weke begin jam het. Voor ek hulle video van Levitation op Youtube gesien het, het ek al die brasse met sulke once mullets, warmgemaakte karre en gepimpte kitare gepicture. Die cool ding van rock and rollers is: ons is almal fokken zeffers, right? Die ander cool ding is jy gaan dit meestal verkeerd kry as jy mense op stereotipes gaan probeer judge. Ja, aan die begin het hulle sessions organies begin met fokol struktuur. Sulke Joburg South braai met baie musikale improvisasie – basically net rondpoes, maar hulle tunes klink nie soos jou run of the mill Brakpan joke nie, nê? Dit het ‘n klas van sy eie, dis intelligent en dis nogal heavy ingewikkeld. Die official naam was die ‘KOI sessions’ back then en KOI was die afkorting vir Kings of Improv gewees. Na so jaar of wat het net ‘n paar bras oorgebly naamlik Byron Muller (bas/kitaar), Chad Snell (kitaar), Lloyd McKeen (kitaar/bas) en Stefan Roodt (tromme). In 2013 het hulle begin liedjies bou en in 2014 hulle eerste gig gejol. Stefan het ander stuff begin explore en hulle het ‘n nuwe tromspeler gekry genaamd Slade du Randt. Hulle het ook die naam verander na Kings of Improg (KOI). Mense wat beter weet as ek, tune dis ‘n belewenis om KOI live te sien, so ek sit dit sommer by voorbaat op my live lysie ook.
Check dit uit!
Watkykjy staan op 3,056,131 post views in totaal sedert 1 November, 2019.