Ons het so paar weke terug op ‘n befokte video op Facebrag afgekom van ‘n trailer van ‘n nuwe video game genaamd Jengo. Aanvanklik was die rede vir ons interest die kief animation, maar ons het gou agtergekom dat daar so paar levels van kief betrokke was. Dit het aan die lig gekom dat die game locally develop word en dat een van ons tjommies in die Black Cat Bones, Chris Van Der Walt, saam met die ouens werk om die game se sound track te skryf.
By nadere inspeksie van die game se trailer het die twee karakters ook baie suspiciously soos Chris en Rot (Kobus de Kock Jnr) gelyk: Rot kompleet met die varkpenne in sy hare en Chrissie as ‘n satansbok (hy speel mos in baie metal bands) met sy kenmerkende poeshoed:
Louis Du Pisani, die bra wat die game animate, het ons interest raakgesien en ‘n bottel wyn, ‘n pak effies en sulke hartjie tjoklit in ‘n mandjie gestuur om dankie te sê. Ons het besluit om hom oor te nooi vir ‘n interview met koffie (te poes arm vir drank) want wanneer laas het jy gehoor van local game developers wat die internasionale mark aanvat? Dis kind of ‘n big deal, veral vir hulle. Daar het ‘n paar interessante gesprekspunte opgeduik. Louis is ‘n freelance animator/kunstenaar wat back in the day verantwoordelik was vir MK Ondergrond – die program, sowel as die befokte art work. Hy was self ook in so paar bands gewees, onder andere Knave en The Rift. Iets wat duidelik uit die gesprek na vore gekom het, was dat wanneer jy (veral in Suid-Afrika) in ‘n band jol, dit jou tot ‘n mate equip om ander skills aan te leer, soms noodgedwonge. Stuff soos poster design, bemarking, om nie Comic Sans as ‘n fint te gebruik nie en PR. Artists kom dit net nie altyd agter dat hulle besig is met al hierdie verskillende job titles nie. Jy gaan miskien ook na jy die interview gekyk het so bietjie rondkrap en ander artists se kuns opsoek en kyk hoe dit inpas by verskillende bands en music videos. Dis nogal ‘n diep tonnel om in af te duik as jy eers jou Google flippers aanhet.
Hier is ons gesprek met Louis:
O ja, iets wat nie deel van die verfilmde interview was nie: Du Pisani het nie eers geweet dat Kobus se bynaam Rot was nie, maar het hom toevallig in die karakter van ‘n rot geskets en animate. Hoe fokken weird is dit?
Dan is hier ook so bietjie van ‘n behind-the-scenes konteks sover dit die sound track van die game aangaan. Dis opvallend wat die verskil is tussen musikante wat musiek vir ‘n lewe doen versus musos wat day jobs het om hulle naweek-gigs en dronkword mannewales te support. Musikante wat musiek as ‘n job doen, is altyd besig; of dit nou met rehearsals, admin, beplanning of commerial werk is. Loki Rothman is byvoorbeeld amper altyd besig om films se scores te skryf wanneer hy nie gig nie; Cito van Wonderboom doen music direction vir corporate events waar hy komponeer, sound design doen en omsien na die algemene music direction.
Daar is ‘n hele paar musos daarbuite wat musiek skryf en komponeer vir films, advertensies en events en soos in Chris van Der Walt en kie se geval, musiek maak vir ‘n video games:
Die gamer brasse het ook ‘n moerse lekker vinnige explainer video gemaak wat cover waaroor die game gaan en hoe jy hulle kan support. Soos Louis in die interview genoem het, is daar verskeie levels van rewards wanneer jy hulle help met hulle crowd funding. Vir so min as $20 kan jy jou naam in die credits kry, die volle weergawe van die game kry en terselfde tyd help om Suid-Afrikaanse gaming development op die map te sit. Daar is baie tyd, moeite en kreatiwiteit in hierdie projek ingeploeg en sover lyk die results fantasties.
As jy jouself as ‘n serious gamer of mediocre patriot beskou, ondersteun die ouens by Robot Wizard en sit handjie en geldjie by. Tydens die skrywe van hierdie artikel het die fondse op $29,240 gestaan wat hulle 20% op target sit – en dit alles geback deur slegs 269 backers. Dit sit die backers op average van $100 elk, amper 5 keer meer as wat nodig is om die game te kry. Onthou, dis average. Dit sê vir ons een ding: die ouens wat sover die game back, gaan vir die groter rewards. Nog ‘n opsie is om in die game self te invest teen $1000 ‘n shot. Dis iets wat ons nie in die interview gecover het nie, maar dit lyk of jy kan zak maak uit die sales uit, wat hulle regoor alle platforms license, so lees op daaroor as jy daarin belangstel.
O ja, en as jy pledge, moenie nou worry oor die zak nie. Hulle trek dit eers af wanneer en indien die ouens wel slaag met hulle campaign. Andersins bly jou skille in jou beursie. Kom ons hoop dit is nie die geval nie. Ons het sopas self ook ge-pledge. Ka-ching!
As jy way back in jou kinderdae ‘n fan was van Police Quest, Space Quest, King’s Quest, Leisure Suit Larry en dies meer, gaan hierdie game vir jou ‘n moerse aangename nostalgiese trip wees as jy hom eers in jou kloue het. Deur te pledge raak jy deel van die game se ontwikkeling ook agter die scenes deur feedback en idees en terigvoer te gee. In die ouens se eie woorde:
“You know how it goes: you’re looking for the most inappropriate item combination possible and test it out to see if the developers have the same kind of sick mind as yours. As much as we want to make this project, we are still two mere mortals with grumbling bellies and families to support. So please back this project and FIG and help us point and click our way into history”
Support die ouens, samblief. Kyk hoe mooi het ons almal vir Fokofpolisiekar gehelp met hulle album. Jirre, ons is poescool. Al die geld word deur FIG administrate – hulle is ‘n crowd funding platform wat UITSLUITLIK campaigns run en manage wat fondse insamel vir games. Al die geld gaan vir die development. Gaan krap gerus rond en kyk of daar miskien ander games ook is wat jou fancy tickle. Dis dalk ‘n cheaper manier om van nou af jou games aan te skaf. Jy gaan dalk net bietjie moet wag elke keer, maar jy sal elke keer van die eerstes wees wat daai game het. Op die oog af lyk $20 vir Jengo byvoorbeeld aansienlik minder as die standaard R800 waarvoor dit moontlik sal gaan sodra dit ge-license word aan Xbox en Playstation.
Looi ons gerus met vrae en comments wat ons vir Louis kan aanpass met ‘n opvolg interview, hopelik om die suksesstorie met almal te deel.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.