‘n Kwart van 2018 sal na hierdie langnaweek square in sy moer in wees. Fokkit, maar tyd vlieg, huh? Hier in Mzanzi is ons ge-bless (#blessed #banting #hartsmense #vegan #crossfit #hashtag) met die gelukkige bedraggie van 13 publieke vakansiedae vir 2018. Ons het reeds deur die eerste 3 gebrand en na hierdie langnaweek sal daar net 7 oor wees, waarvan een op ‘n Saterdag val, so eintlik los dit ons net met ses. Dis soos om ‘n sak tokens te hê vir die beste game op aarde en teen einde volgende week gaan jy net die helfte van jou tokens oorhê. Kom ons hoop net daar was dié van julle gewees wat slim genoeg was om Maandag ook af te vat, want hierdie naweek is jou laaste kans vir ‘n genuine lang-langnaweek vir hierdie jaar.
‘n Langnaweek kan verskeie kante toe gaan – dit kan ‘n gulde geleentheid wees om jou reset knoppie te druk, so bietjie te chill by die huis en miskien in te haal op daai passion project – die Deathstar Lego gaan nie homself aanmekaar sit nie. Maybe wil jy juis nie relax nie. Maybe wil jy net pomp, jol en karre rol. Vir so paar gelukkiges is daar ook die opsie van die langnaweekwegbreek na die bosveld, midlands, higlands of see toe met kinders, bergfietse, honde en al.
Aah, vakansie en road trips! Die oop pad! Ma en pa se kak musiekkeuses! Radiostiltes deur die dorpies wat nie weet wadefok FM is nie! Boeties en sussies wat baklei in die back seat! Low budget padkos! Die stinkste WWE-tipe choker poepe onder die son wat in meeste gevalle eienaarloos bly…
“Ek trek net eenkeer af sodat julle kan piepie en dat ek julle kan bliksem vir dit wat julle gedoen het en dit wat julle nog gaan doen!” The usual stuff that keeps loving families bonded together.
In die ou dae het jy altyd gehoop dat die vakansiewoonstel/huis/cabin seblief Mnet het (veral as jy fokol gewoond was nie Mnet by die huis gehad het nie) en in later jare was dinge effens meer gerieflik in die sin dat jy jou DSTV kaart of even jou decoder kon saamneem met vakansie. Dit was steeds ‘n ball ache, want jy moes die call center bel en verduidelik en smeek en jou kaartnommer 6 keer teruglees en what-what. Deesdae het meeste vakansieplekke TVs en decoders, maar die setup is gewoonlik van so aard opgestel dat jy die yskas moet uitplug om ‘n stukkie eTV nuus te kyk. Maar jy moet eers jou bure en die hele karavaanpark tune om stil te bly want die TV se volume gaan tot by 2 en die bass was nie ingesluit by die verkoopsprys nie. Die verblyfplekkies het amper altyd, sonder uitsondering, sulke cheap-ass marabs DSTV bouquet wat normaalweg bestaan uit Movie Magic 1 (bestaan dit nog?), MTV Base, Trace, Mzanzi Magic, Soweto TV en al 777 Loof Die Jirre Aan Die Brand kanale.
Jy kan natuurlik slim wees en jou en jou kinders se entertainment saam met jou vat voor jy die pad slat. Hier is vir jou ‘n praktiese voorbeeld: My vrou is tans in die overseas vir graft vir so week lank. Nederland se free-to-air TV is nie veel beter as waaraan ons gewoond is nie, so sy het die oggend voor sy gewaai het, vir haarself ‘n reeks genaamd Scorpion ge-download om dit offline te kyk in die aande op haar Samsung tablet. As jy op holiday is wil jy dalk hier en daar in die aande iets kyk, maybe net om jou aan die slaap te sit. Mense doen daai ding. En jy soek nie dinkwerk nie. Jy soek ligte, breinlose entertainment en Scorpion klink na so tipe vibe:
Die main karakter, Walter O’Brien is een van die slimste mense in die wêreld, met ‘n IK van 197. Toe hy ‘n laitie was, het hy NASA se website gehack, hy is gebust en ge-recruit deur Agent Gallo, wat onmiddellik besef het dat O’Brien se gawe die government kan baat. As tiener het hy rebelleer en gefokof en jare later, as grootmens, het Agent Gallo hom weer ge-sweet talk om te join -hierdie keer om ‘n spannetjie genaamd The Scorpions op die been te bring – die laaste line of defense teen al die high tech threats. Die einresultaat is ‘n troppie nerds en ‘n hot waittress wat die wêreld moet red.
Dit klink mos nou na lekker breinlose vakansie fodder, of hoe? Yay!
Wanneer dit vir dae aaneen reën of die wind mense wegwaai tydens vakansies, bou gesinne baiekeer van daai duisend piece puzzles wat hulle eventually met houtlym op hardboard vasgom. Asof dit ‘n moerse family achievement of trofee is. Het jy al ooit gesien dat daai goed teen mure opgehang word in mense se huise? Nee. Maybe in Kempton, maar jy sal al daai mounted vakansie puzzles grotendeels opspoor in charity shops. Fokken guaranteed!
(Fok, nou wil ek ‘n atikel skryf oor charity shops)
Watter tipe goed doen Suid-Afrikaners nog wanneer die weer kak is tydens holiday? Hulle besoek daai klere factory shops vir “moerse bargains, hoor!” en koop daai Instinct, Bear en Gotcha reversible jackets in die aakligste pastelkleure. Of erger – vellies, Hang Ten plakkies en handsakke. Fok my, dis af! Spaar eerder jou zak vir ‘n dag, sit op jou hande en kyk breinlose TV shows. Ligte kykgenot om nie ernstig op die vat nie. Jy’s op holdiay, my fok! Dis lekker om jouself opsies te gee. Shows soos MacGyver, NCIS, NCIS Los Angeles, NCIS New Orleans, NCIS Vereeniging, NCIS Belville, Elementary en Arrow (laasgenoemde twee is op Showmax. Ek dink hulle verfilm steeds aan NCIS Bellville).
Of download net so paar movies voor julle waai. Wat van die hele Bourne reeks vir mamma en pappa?
Die ‘slegter’ deel van met vakansie gaan, is meestal die deel op die pad. Sure, dis exciting en almal is opgewonde op pad na die idilliese bestemming, maar die pad terug is maar oor die algemeen die minder lekker deel. Dit was lekker maar dis nou klaar. Soos vroeër genoem, klap die insults, poepe, plathande en vuiste gereeld agter in die kar met die odd onakkurate backhand van mamma se voorsitplek se rigting af. Kyk, ek het nie raad vir die poepe nie, want daai goed het ‘n siel en ‘n wil van hulle eie, maar die ander insidente se risikofaktor kan drasties verminder word deur die kinders elk ‘n tablet in die hand te stop. Dit sal ook die outjies se ‘are we there yet?’ levels drasties verlaag. Sure, YouTube (met safety aan) kan ‘n goeie nanny wees, maar jy gaan nie altyd sein kry nie. Dan poep en fight die fokkers weer. Ek was nie regtig mooi bewus van die honderde kinderprogramme wat op Showmax beskikaar is nie, so gaan krap gerus rond tussen dit. Jy mag self dalk ‘n show of twee kokkenodge:Klap sommer dadelik jou interwebs by die huis of by die werk voor jy vandag fokof vir die lang naweek en download so paar shows en movies vanaf Showmax. Onthou, jy kan met jou Showmax account tot en met 5 devices op dieselfde tyd gebruik, so download gerus na jou fone en tablets. Whatever jy verkies. Dis in elk geval basies reeds die einde van die maand en jy het probably so paar gigs se data oor wat jy kan burn om ‘saam te vat’ met vakansie. Dis nou as jy nie te veel skommies gekyk het nie.
Hoe om Shows en movies te download:
Sign in met jou Showmax account of sign hierso op om dit verniet ui te probeer vir 14 dae lank.
Download die Showmax app vir jou smartphone of tablet vir iOS of Android.
Maak die app oop en kies die series episode of movie wat jy offline wil kyk.
Click op die Download button. Dis gewoonlik so wolkie affêre met ‘n pyltjie wat ondertoe wys, regs van die episode of movie se naam. Op ‘n tablet sal jy ‘n blou Download button sien langs die blou Play Now button.
Kies jou quality – Low Quality, Standard Quality, Good Quality of High Quality – kies Low of Standard as jy die stuff op ‘n foon wil kyk. Veral cartoons vir kinders. Jy gaan nie die drop in kwaliteit op fone sien nie. Low quality is perfek vir kleiner screens.
Jou download sal dadelik begin en jy kan nou lekker offline kokenodge sodra die download klaar is. Jy sal 25 verskillende titles kan download op ‘n keer. Let op dat ‘n series episode tel as ‘n title. Elke movie of episode sal op jou device bly vir 30 dae lank. Die lekker ding is dat jy nie hierdie data wat plek opvat hoef te manage nie, want dit word automaties delete na 30 dae. Jy sal presies kan sien wanneer elke title expire, so moenie worry nie. Die enigste manier hoe jy jou donwloads voor die 30 dae kan verloor, is as jy die app uninstall. Wees net bewus daarvan dat jy slegs 48 ure het om ‘n episode of movie te kyk sodra jy hom begin kyk het. Kinders like mos om ‘n ding faktap te kyk. Oor en oor. As jy een episode van Peppa Pig vir jou snotneus gedownload het, het hy net 48 uur tyd om dit oor en oor en oor te kyk, so verduidelik asseblief vir jou bloedjie dat hy dit net 576 kan kyk voor dit expire. Terloops, jou shows sal aanhou download in die agtergrond al het jy die Showmax app toegemaak.
Jy moet ‘n moerse lekker langnaweek hou. Maak memories. En kinders as jy regtig moet. En stuur vir ons so paar fototjies, man! Ons wil sien wat julle aanvang. Vir dié van julle wat (soos ek) te fokken arm is om weg te gaan, lekker braai en draties kap!
En kry vir jou so stukkie free Showmax as jy nog nie het nie…
Watkykjy staan op 3,084,025 post views in totaal sedert 1 November, 2019.