Hierdie een is bietjie laat maar ek het sidetracked geraak met al my ander projekte. Siep-sop-braaiboud! My apologies!
Ons het so twee weke terug ‘n draai gaan maak by Railways in Centurion om vir Andra, Monkeys in Boots en Crimson House live te check, so hier volg ‘n kort belated nuusberig: Haasdas-se-Nuuskas-styl. Andra het die aand afgeskop en al weer die crowd aan haar lippe (en kitaarsnare) gehad met haar moving folkin’ rock acoustic vibes en of course daai bekende heavy soul stem van haar. Monkeys in Boots se swamp rock blues was ‘n lekker mengsel van hillbilly tunes, Texas blues en riffed up rock met baie funky sounds ook daar by. “ZZ Funk” het ek nogal gedink terwyl ek hulle gekokkenodge het. Die gestewelde apies het al ‘n lekker sound uitgekerf in die SA music scene vandat ons hulle laas live gesien het.
Die jonger bands eksperimenteer vreesloos met genres deesdae. Sometimes it works for me, sometimes not so much. Dit wat ek daai aand gehoor het, het vir seker gewerk. Monkeys in Boots het die crowd op hulle voete gekry met lekker solid tunes maar Crimson House was net op ‘n ander level. Holy shit! Riaan Smit en kie is entertainers wat nie net met die crowd kan connect nie maar hulle ook kan beheer om, deur die musiek, die hele spul te kan kry om te bons of op hulle hurke te dans; te skree of stil te bly; uit te freak of net te staan en die vibe in te neem. Vir julle Gautengers wat hulle min live sien – hulle musiek beweeg weg van die old standard blues tunes, gemeng met hard rock en ‘n brass sections (aka Crimson House Blues) en hulle het nou ‘n fully developed sound van hulle eie wat hulle gypsy jungle music noem. Daar is nog rock riffs ook maar hulle bliksem bongo drums en het sax battles saam met so vinnige trip-hop ritme, wat die crowd laat op en af spring.
Kakbaie energie word benodig vir hierdie show, wat my by die eintlike rede vir die aand se verrigtinge bring. Dit was die launch van Crimson House se video, Jo Bounce. Hulle het sommer ‘n eie genre binne ‘n eie genre ook gaan create; Acoustic Dance Music (ADM) roep hulle dit. Die laaitie wat dans in die video is Joel Baker wie die band gesien dans het in die gehoor by White Mountain Festival en toe kry hulle hom sommer om te dans vir die video. Nogal befok, nê? Dié Kapenaars se kreatiwiteit ken bittermin perke, al moet ek dit self sê. Hulle het wel saam met twee sax players hier van ons geweste opgetree. Tim Welsh op alto sax en Tebogo Mokoena op baritone sax. Nick Becker en Gareth Harvey het 9 to 5 jobs in iKapa, soos meeste mense. Traditional African Fusion artist Nhoza het ook die aand saam opgetree so dit was nogal ‘n fusion fees gewees. As jy dié befokte vibe wil uitcheck of dalk weer wil check, is jy in luck. Die band is hier in Gauteng vir ‘n paar maande, so gaan maak ‘n draai op hulle Facebook page vir gig datums. Hulle is al confirm vir ‘n hele klomp shows van begin Junie tot begin Augustus blykbaar. Dis genuine iets om te beleef!
Watkykjy staan op 3,083,753 post views in totaal sedert 1 November, 2019.