Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Buikjeans
Dis ‘n onding wat hier in die tagtigs begin het. Denimbroeke vir dames wat lekker hoog optrek, tot net onder die borste. Die teenoorgestelde van die hipster. Lekker lang hangboude as jy van agter af kyk. En asof dit moet opmaak vir die ekstra lengte oor die magie, is die pype gewoonlik ook net driekwart lank. Sommer stonewashed ook met wit sokkies en bruin vellies as jy super-ongelukkig is.
Terwyl ons toegee dat die tagtigs ‘n moeilike tyd vir almal was en dat ons skuldig is aan dinge waaroor ons nie graag praat nie, is die dra van mom jeans onverskoonbaar. Die mensdom leer nog uit sy foute. Net soos ons nie vandag ons geliefdes met knuppels oor die kop moer of ouens van ander dorpe eet nie, het kleredrag ook saam met die beskawing aanbeweeg.
Die ergste is dat jy buikjeans nie net sien onder ouer vrouens wat in die jare tagtig gejol het en nou nie van beter weet nie. Selfs jong girls wat gebore is lank na die heyday van hierdie modegruwel en passieteenvoeter kies om buikjeans te dra.
Kom nou meisies, kom ons laat sak die heuplyne. Selfs al het mens ‘n buik, werk ‘n hipster beter. In fact, daai pensie hang mos baie lekkerder oor iets as wat hy onder iets ingeprop word. GRoot asseblief met ‘n vet rooi cherry op – gee ons ‘n break. Niks meer hangboude nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,110,896 post views in totaal sedert 1 November, 2019.