Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Besluitlose mense in rye
Dis Dinsdagaand en flieks is halfprys. Ongelukkig is die ry waarin jy wag dubbel sy gewone lengte. Heel voor staan ‘n onbeholpe vent wat oorgenoeg tyd in die ry gehad het om te besluit of hy die medium Coke en die groot popcorn wil koop. Maar skielik is dit asof hy ‘n hoërgraad fisika eksamen waarvoor hy nie geleer het nie, moet aflê. Hy slaan ‘n blank.
Die res van die ry trippel ongeduldig, vou grommig hulle arms en rol desperaat vir mekaar oë as hy vir die soveelste keer oor die beskikbare groottes en geure uitvra. Uiteindelik maak hy ‘n besluit. Jy begin hoop kry. Dan, eers wanneer die goed reg voor hom is, word sy beursie gesoek. Oor na vroulief wat oplaas haar handsak met 50-liter kapasiteit uitpak om vir die expired kredietkaart waarmee hulle wil betaal te soek.
Dit gaan ‘n lang aand wees.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,124,255 post views in totaal sedert 1 November, 2019.