Dis 15:00 en Welkom by #VuilbekVrydag! Skop jou naweek af met ‘n oor vol vuil, komplimente van Lil Kleine & Ronnie Flex. Hierdie twee Kaaskop-marabse het al op ‘n hele paar tunes saamgewerk en het moerse kak opgetel met die release van Drank & Drugs vir obvious redes. Nederlanders kan ook stokke in hulle holle kry soms. Lil’ Kleine se 2016 album het tunes op soos Bel Me Op en Strip Club. Gaan soek dit bietjie en laat ons weet of jy dit like?
Die ouens is ge-sign deur Top Notch Records in Nederland. Dis dieselfde record company wat al vir so paar jaar lank projekte aanpak saam met Jack Parow ook. Een van sy tunes vanaf sy nuutste album, Africa For Beginners, Boepensvark is byvoorbeeld deur Top Notch release in die Benelux lande. Wat is Benelux? Kom ons leer jou gou iets hier op Watkykjy – Dis België, Nederland en Luxemberg – daai strippie tussen Frankryk en Duitsland.
Dis nou eers tyd vir so bietjie Drank & Drugs. Vat die naweek vas!
Watkykjy staan op 3,056,060 post views in totaal sedert 1 November, 2019.