1) Kyk, die helde het geval hierdie week. Cyril Ramaphosa, ons nuwe president (wanneer kan mens ophou om hom nuut te noem?) het sy eerste kabinetskommeling aangekondig en van 10 ministers ontslae geraak. Lynne Brown gaan uiteindelik by haar haarafspraak kan uitkom. Des van Rooyen gaan uiteindelik voel of hy iewers ‘n konstruktiewe bydrae kan maak (maar nie in die goewerment nie). MrFearFokkol het sy Twitter-naampie verander (maar nie na MrDoesFokkol nie, snaaks genoeg). Net jammer Cyril het Malusi Gigaba gehou, al is dit dan nou in ‘n ander pos. Want, met meer comebacks as Elvis, verwelkom ons terug Nhlanhla Nene as Minister van Finansies! Einste hy wat Zuma gefire het voor die Rand harder gekak het as ‘n kind met ‘n spastiese kolon op ‘n veldskoolkamp. Fok, tot Pravin Gordhan is terug, maar as Minister van Starship Enterprises. En leepoog Bathabile Dlamini sleep nog rond, al is dit dan nou as Minister van Vroue in die Presidensie. Praat van ‘n random pos. Waddiefok moet sy doen? En boewe en rampokkers moet nou op hul hoede wees. Want ou hoeddraer Bheki Cele is ook terug as die Minister van Polisie. Laastens, maar nie die minste nie, die nuwe adjunk-president van Mzansi is David Mabuza. Skobbejak. Tot vandag toe word daar bespiegel dat hy agter heelwat sluipmoorde sit wat in Mpumalanga gebeur het. Waar is Jessica Fletcher as mens haar nodig het!!!
2) Baie mense vra blykbaar hul geld terug nadat hulle vertonings van The Illusionists by Montecasino bygewoon het, net om agter te kom dit is kulkunstenaars wat op stage is en nie ministers nie. Boonop moes een van die kunstenaars hospitaal toe gejaag word nadat een van die toertjies skeef geloop het en ‘n pyl haar in die kop getref het. Spul pissies. Ek loop elke dag van my korporatiewe lewe met ‘n mes in my rug rond en ek survive.
3) Kakie-draende rugby-ondersteuners mor dat die nuwe Springbok-afrigter net nog ‘n rassie-aanstelling is. En jou wrintiewaar, mens moet hulle gelyk gee. Rassie Erasmus is hierdie week aangekondig as die persoon wat graag naweek na naweek wil hoor hoeveel meer elke ander ou in die land van rugby af weet as hy. Pop die kalmeerpilletjies nou al, pappie. Dis ‘n rowwe rit en die supporters speel die man, nie die bal nie.
4) As jy wil weet wat die prys van gewildheid is, vra Julius Malema. Dis ‘n fokken plaas se prys. Die rammetjie-uitnek is tans moergewild onder grondloses nadat die EFF se mosie om met grondhervorming sonder vergoeding te begin, hierdie week met ‘n oorweldigende meerderheid aanvaar is. Die ANC het self ook hul gewig agter die EFF se campaign ingegooi met net die DA wat gevoel het die mosie moet eers verder beredeneer en oordink word. Maar Julius was nie daarvoor te vinde nie en het summier onder die DA ingeklim en hulle gewaarsku dat die EFF hulle gaan unfriend. Skiet die popcorn mense, hier kom nog groot drama.
5) Minister van Onderwys, Angie Motshekga, wil al weer torring aan die slaagvereistes op skool, hierdie keer vir Graad 7, 8 en 9. Daar word nou oorweeg dat kinders wat 40% in hul moedertaal kry, moet pass. Verder sal kinders wat oor Paasfees skool toe gaan, ook pass. En as jy Pritt snuif in die klas en uitpass, dan pass jy. Skoolseuns wat rugby speel en die bal meer as 15 keer in ‘n wedstryd pass, sal pass. En kinders met twee pa’s, sal pass. Fok, as jy in die spieël kyk en drie keer hardop sê “Pass,” dan pass jy, gabba. As haar plan goedgekeur word, gaan jy sweerlik net kan druip as jy op die hoof se tafel ‘n kluit gaan kap.
Watkykjy staan op 3,084,133 post views in totaal sedert 1 November, 2019.