*Ons was van Donderdag af hard aan die kuier by Mieliepop, so hier volg laasweek se nuus op ‘n Maandag. Met ‘n hoofpynpil of twee…
1) Biep-biep! Dwa. Dis plus-minus wat hierdie week gebeur het toe ‘n selfaangedrewe motor van Uber ‘n vrou in Arizona raakgery het en sy later aan haar beserings dood is. Behalwe daar was geen “biep-biep” nie. Net ‘n Dwa. Uber het die geval bevestig en vir eers die vervaardiging van hul selfaangedrewe motors geparkeer. Sedert die Uber programmetjie die groen lig gegee is, is dit in omstredenheid gehul en het dit heelwat mense karsiek van bekommernis gehad. En daar het jy dit nou. Dwa.
2) Die gewildheid van kerktoe gaan in die Vrystaat is skynbaar besig om te ontplof. Dit na ‘n 47-jarige vroulike kerkleier en haar 31-jarige seun hierdie week in Theunissen hegtenis geneem is vir die besit van springstof. Daar word vermoed dat die kaboemgoeters gebruik sou word vir die opblaas van kitsbanke wanneer lidmate nie hul tiendes gegee het nie. Of so iets. Die polisie beskou dit as ‘n antwoord op hulle gebede dat hulle hierdie deurbraak gemaak het.
3) Die resies om te sien wie die grootste EFF-doos van die week gaan wees, was ‘n photo-finish. Adjunk-moerskont van die EFF, Floyd Shivambu, het ‘n hoernalis in Kaapstad aan die strot gegryp toe hy hom genader het vir kommentaar en ‘n foto geneem het. Die Floyd-kapokhaantjie het na die tyd teruggekrabbel en om verskoning gevra. Dit was volgens Shivambu nie ‘n aanval op mediavryheid nie, maar eerder ‘n geval van sy eie ongeduld wat die oorhand gekry het. Die hoernalis het gelukkig nie ‘n plaas gekoop nie, want anders was daar landerye vol kak.
4) Tom Moyane het hierdie week bevestiging ontvang of President Cyril Ramaphosa dink hy is die land se Nommer 1 Belastingman of die land se Nommer 1 Ontlastingman. Hy is summier deur Ramaphosa geskors as die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se big chief hangende die instelling van dissiplinêre stappe oor al die ontlasting wat hy aangevang het. Volgens die president is dit in landsbelang om die SAID se geloofwaardigheid te herstel. Uiteindelik ‘n einde aan Moyane se “He SAID, He SAID” drama.
5) Baie mans verby die ouderdom van 60 word baie keer deur hul vrouens as dood beskryf. Maar in Roemenië, het dit ‘n hof gevat om vir ‘n man te vertel hy is dood. Ten spyte van die feit dat hy springlewendig in die hof gestaan het om die teendeel te probeer bewys. Constantin Relieu het vir meer as ‘n dekade uit sy vrou se lewe verdwyn en sy het toe maar ‘n doodsertifikaat aangevra. Volgens die hof het hy te lank gevat om te bewys hy leef en daarom moet hy maar dood bly. So vrouens, die volgende keer wat jy Herklaas of Billy as gevrek beskryf, prove it baby!
Watkykjy staan op 3,110,464 post views in totaal sedert 1 November, 2019.