1) Kom ons skop hierdie week af met ‘n breinknoper-speletjie genaamd Siek of Nie Siek Nie? Probeer die antwoord self uitwerk voor jy kroek en die regte antwoord sien. Gereed?
a) Porno videos oor dwergies wat mud-wrestle. Siek of Nie Siek Nie
Antwoord: Nie siek nie
b) Sunette Bridges? Siek of Nie Siek Nie?
Antwoord: Siek
c) ‘n Ou oom in ‘n Ssangyong Musso buite die skool met ‘n sak vol Fizzers? Siek of Nie Siek Nie?
Antwoord: Siek
d) Malusi Gigaba en Dudu Myeni? Siek of Nie Siek Nie?
Antwoord: Nie siek nie. Die Gigaba-fokker het die week ‘n sieknota vir Juffrou Baleka Mbete gestuur om te verduidelik hy kan nie in die nasionale vergadering verskyn vir ondervraging oor die bugerskapstatus van die Guptas nie. En Dudu, voormalige voorsitter van SAL, het nie eers gebother met ‘n siekbriefie nie. Sy was na bewering te siek om Kaapstad toe te vlieg om voor die parlementêre kommissie van ondersoek oor staatskaping te verskyn. SIEK, man!
2) Gepraat van siek… daar is hierdie week bevestig dat die enigste woord wat na die woord “Weense” moet volg, die woord “Mannekoor” is en nie “Worsies” nie. Dit kom na die Wêreldgesondheidsorganisasie bevestig het die uitbreking van die siekte, listeriose in Suid-Afrika, is die grootste nog ooit. In die hele fokken wêreld! Vatso almal wat dink ons kan nie Nommer 1 wees in iets nie. Ons Minister van Gesondheid, Dr Aaron Motsoaledi, het instussen aangekondig dat die oorsprong van die siekte terug-getrace is na die Enterprise Foods fabriek in Polonykwane. Met meer as 180 mense wat reeds gesterf het aan hierdie uitbreek van die siekte, het Motsoaledi mense gewaarsku om asseblief versigtig met kos te werk te gaan en liewers enige polony en worsies in hul besit weg te bliksem. Natuurlik ‘n great idee vir enige nuwe seisoene van Fear Factor en Survivor. “Eugene van Valhalla… Gaan jy daai polonie-toebroodjie eet? Wel, gaan jy Eugene?” Cue Dracula orrelmusiek…
3) Fikile Mbalula het bevestig hy gaan bes moontlik sy Twitter handle hierdie naweek al verander na @MrFearFokof. Dit kom nadat hy besluit het hy bedank as lid van die parlement. Nou, as jy al ooit ‘n John Woo movie gesien het, sal jy weet die regisseur love sulke slow motion shots van duiwe (gewoonlik wit) wat so verskrik opvlieg as iemand hul random pikkery op die grond versteur. Dis hoe ek ou Fokkol se exit imagine. Behalwe, dis nie duiwe nie. Dis fokken hadedas. En hulle pik verward rond na die onlangse kabinetskommeling.
4) Julius Malema was hierdie week op die oorlogspad. So what else is new? As jy al ooit jou voete aan wal gesit het, beskou jouself as gedreig. As jy King Goodwil Zwelithini is of al ooit kaal bolyf om ‘n vuur gedans het, beskou jouself as gedreig. In fact, die lys van mense wat Juju nie hierdie week gedreig het nie is korter as die lys van mense wat hy gedreig het. Om die waarheid te sê, die korter lysie sluit nou net ‘n Graad 11-kind van Walvisbaai, drie koorlede van die Metodiste-kerk in Ogies en die opsigter by die Oos-Londen begraafplaas in. Hel, Juju kan ‘n lekker nuwe woordjie in gebruikstaal word. Dis nie meer “dreigende onweerswolke” nie, dis Juju-wolke. Dis nie ‘n “dreigende skeur” in die ANC nie. Dis ‘n Juju-skeur. Jy dreig nie meer iemand as hulle jou skou-budgie steel nie. Jy Juju die wetter. Die bank dreig nie meer om jou huis terug te vat nie. Hulle Juju jou ass!
5) Jy weet, mens dink altyd die slegste van ons politici. Maar dan kry jy ‘n vooraanstaande ou soos die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, wat hierdie week erken het hoe mal hy is oor een spesifieke Afrikaanse band. Die band members van die band Klopjag het Supra se kantore Donderdag binnegeval vir ‘n verrassingsbesoekie, maar hy was ongelukkig nie in nie en die band moes toe maar tevrede wees om te skoert met net ‘n klomp dokumente wat Juju om korrupsie bloot te lê. Still, nice gesture, ouens.
Watkykjy staan op 3,056,546 post views in totaal sedert 1 November, 2019.