Spotify, die grootste music streaming service op planeet aarde, het gister uiteindelik officially in Suid-Afrika gelaunch. Daar gaan natuurlik die diktrille wees wat (in The Nanny se stem) tune: “Jy kon al lankal Spotify in Suid-Afrika luister, hoor! Jy moes net ‘n firewall bou met otterkom en by ‘n VPN aansluit vir 40 Bitcoin en dan deur ‘n hoop spring wat in kerozine gedoop is en met my intelektuele superiority aan die brand gesteek is”
Baie geluk, beterweterige Bennie. Pappa is poestrots op jou, seuna. Vir die Bennies onder julle, hier is instructions om jou account te gaan verander na Suid-Afrikaanse een sonder om enige van jou playlists of musiek te verloor: https://community.spotify.com/t5/Accounts/Changing-country-and-payment/td-p/1416026
Spotify brag tans met 159 million music fans en jy het ‘n keuse om verniet aan te sluit. En met verniet bedoel ek verniet vir altyd, geen stories, no strings attached. Jy het access tot die volle katalogus van oor die 35 miljoen tracks met jou free account. Jy kan natuurlik dadelik die 30 dae free Premium account probeer, maar doen dit eers wanneer jy bietjie met die free acount rondgespeel het sodat jy kan agterkom wat die verskil is en of dit enigsins vir jou ‘n verskil maak tussen free en Premium vir jou.
Die free service word ondersteun deur advertensies wat op average nie langer as 3 minute per uur van jou luistergenot in beslag sal neem nie. Dis aansiendlik minder as waarmee radiostasies jou bombardeer. En is die ads regtig so terrible? Jy kry dan iets verniet in ruil daarvoor? By gister se launch in Joburg het ek so bietjie met Spotify se MD, Claudius Boller, gesels en uitgevra oor die advertensie vibes, want wat ‘n beter targeted audience om in SA te reach as deur musiek? Plus die results kan gemeet word want jy werk met die internet, nie radio waves en duimsuig nie. Tans het Spotify ses ‘key launch advertising partners’, so vir die volgende 6 maande sal jy ads sien en hoor vir Hunter’s Dry, Mini, Ballantine’s whiskey, Pepsi en FNB. Daarna is die ouens oop vir besigheid met ander local companies, so skree later as jy in kontak met hulle wil kom. Die Spotify oom te business card is in my beursie…
Natuurlik is daar ook die Premium subscription teen R59.99 per maand wat obviously add-free is. Dit gee jou ‘unlimited skips’ en jy kan songs offline luister. Ek verstaan ook nie wat hulle bedoel met ‘play any track nie’ want ek kon enige track kies en die audio quality klink vir my nogal piele. Spotify stream teen 10.8mb per uur waar die competitors 40mb per uur trek en ek kon nie enigsins agterkom dat daar ‘n compromise in quality is nie. Dis ‘n besparing van ongeveer 10 songs per uur se data as jy so daarna wil kyk.
Jou Spotify account sync met whatever device jy op luister. Tuis kan kan jy byvoorbeeld op jou Xbox of Playstation luister terwyl jy games jol of op jou smart TV, PC of laptop. Maar maybe wil jy die musiek in jou kar luister via Bluetooth of USB. Jy spandeer montlik meeste van jou tyd in jou kar in elk geval. Dat jy offline na musiek en podcasts kan luister is ‘n moerse fokken bonus – dis volgende week byvoorbeeld tyd vir Mieliepop Festival en jy besluit dalk om ‘n playlist op te stel van al die artists wat by die festival jol. Lekker road trip musiek op pad na die jol toe. Dowload jou playlist na jou foon toe by die huis of by jou werk waar jy nie jou mobile data hoef te naai nie. Jou kar het nou die beste personalised musiek collection! Hierso is enetjie wat ek moerse vinnig aanmekaargeslaan het. Feel free to use it:
Die enigste drawback wat Spotify moontlik vir jou kan hê is dat die opsie vir ‘n family account ontbreek. Ekself gebruik Google Play nou al vir so paar maande lank. Ons het van R60 per maand oorgeslaan na die family account van R90 per maand omdat daar 5 mense op een account kan wees. Apple Music bied iets soortgelyk aan teen dieselfde prys. Ek kan net nie meer met Apple Music deal nie en ek is ‘n iPhone eienaar. Dit het fokkol met die IOS vs Android nerd debat uit te waai nie. Die app is vir my net te fokken lomp. Sure, dit sou lekker gewerk het as daar fokol anders op die mark was nie, maar Google Play is by verre superior teenoor Apple Music. En wat maak ek nou? Nou gaan ek Google Play dump vir Spotify. Die ouens het net eenvoudig ‘n beter algoritme as enige van die competitors daarbuite. Die user experience is beter as die ander ouens s’n.
Reeds by die eerste keer se gebruik van Spotify soek ek minder rond om te kyk hoe die storie veronderstel is om te werk. Ek het die Spotify Windows app gedownload op my laptop, opgesign vir die free account en hierdie artikel begin uitkak. ‘n Man het tunes nodig om te graft, ek sê! Ek het nie geweet waar de fok om te begin nie. Dis nie die app se skuld nie – ek kon net nie besluit op musiek nie, toe ek skielik onthou dat Judas Priest die afgelope Vrydag hulle splinternuwe album, Firepower release het. Fok ja! Judas Priest it is then! Ek het net die eerste drie fokken letters in die search bar ingetik: ‘Jud’, en toe pop die band self op, asook ‘n old school metal, 80s hard rock en ‘n metal crash course playlist. Heavy intuitive.
‘n Major feature van Spotify is hoe dit jou musieksmaak leer ken, wat jou in staat stel om die musiek wat jy reeds smaak, met gemak te vind en aanbevelings te maak om nuwe musiek te ontdek. Ozzy Osbourne se Dreamer het byvoorbeeld begin speel direk nadat Judas Priest se album klaargemaak het. En direk daarna het Megadeth se Symphony of Destruction begin jol. Ek het dit aanvankilik nie agterkom nie omdat ek dik aan die werk was en die oorgang van tunes juis binne my musieksmaak geval het. En toe sien ek die klein message bo-aan die app: “When your music ends, we continue playing similar songs for you. You can turn this off in ‘Settings'”.
Lekker sneaky, maar fokken piele!
Wanneer jy as ‘n nuwe user aansluit vat hulle jou deur ‘n ‘Taste Onboarding’ wat Spotify help om te leer wat jou musieksmaak involve. Spotify het ook daylie en weekly playlists, tailor made just for you, my bra. Gee dit net so week of twee om te leer waarna jy luister en gee dit ‘n spin. Dis blybkaar ‘n groot fokken deal en ek kan nie wag om te sien waarmee oom computer opkom nie.
Hier is nog ‘n voorbeeld van hoe befok Spotify se algorithm werk:
Is jy opsoek jy goeie local Afrikaanse musiek om te luister? Ons praat nie van die Afrikaans is Groot kak of Steve se gebedkak, prys-jesus-se-plakkies of sokkie-bokkie-broeknaai treffers nie. Ons praat van goeie musiek wat toevallig Afrikaans is. Try hierdie bietjie net om te sien hoe dit werk: in die browse section, tik in ‘Valiant Swart’ en kyk wat regs op-pop onder related artists: Koos Kombuis, Jan Blohm, Anton Goosen, Koos Du Plessis, Piet Botha, Karen Zoid, Johannes Kerkorrel en Radio Kalahari Orkes. Jy check wat ek bedoel? Dis nie konterige musiek nie.
Wat Spotify ook so trappie of twee bo hulle kompetisie sit is hulle partnerships met Sony en Microsoft vir hulle PlayStation and Xbox gaming consoles. Gamers kan nou lekker tunes luister terwyl hulle resies jaag, mekaar moer of mekaar faktap skiet online. Hulle kan na enige song, album of playlist luister on demand en boonop Spotify control deur ‘n quick menu sonder om hulle gaming te interrupt. Ons het reeds die desptop app genoem, maar jy kan Spotify ook kry op die Apple App Store, Google Play Store, about al die smart TVs en smart speakers. Vir julle wat Watkykjy lees in Israel, Vietnam en Romania – die Spotify is gister daar ook gelaunch, hoor. *vryf so oor koppie*
En hier is die groot vraag wat die musos altyd vra:
Nou wat is die fokken benefit om my musiek op Spotify nou OOK te gaan sit? Ek is op Google Play en Apple en Deezer en Bandcamp en my sussie se voorboude se vlegsels…
Vir al julle aspiring artists is daar ‘n oulike dashboard option wat jou in staat stel om te track wat jou listenership is, hoeveel mense jou track ge-download het en dies meer. Dit bring die artist en die fans nader aan mekaar en gee die up-and-coming artists die geleentheid om hulle musiek vir miljoene potensiële fans te showcase, wêreldwyd. In terme van vergoeding kan jy ‘n geldjie maak deur jou musiek te license aan Spotify, maar kom ons doen so bietjie van ‘n reality check – as jy reeds kakmin of fokol zak maak op iTunes, Apple Music, Google Play of YouTube, kan jy nie wonderwerke verwag van Spotify nie, maar ek dink wel jou kanse is aansienlik beter om ‘n geldjie te draai omdat jy ‘n beter kans het om volgens die algortime en verwysings op Spotify discover te word. Hulle het die grootste user base. Op aarde. It makes sense?
Wat julle musicians ook in ag moet neem is dat pielkoppe soos ek met websites met baie traffic, voortaan eerder julle musiek gaan link met Spotify omdat dit effortless is om playlists te maak met julle musiek en om vollengte albums te embed. Dit reach ‘n groter audience want ons weet dat meeste outjies vir die free option sal gaan. Almal kan ook die stats sien – hoeveel keer jou album of song geluister is. Dit kan promoters laat besluit of dit die moeite werd is om ou te book vir shows en festivals. Hoeveel keer jou musiek gespeel word sal ‘n indikasie wees van of dit goed of kak is en of jy effort insit om jou eie musiek te promote – of jy jou musiek soos ‘n besigheid run en of dit net ‘n hobby is. Julle sal dus in die volgende paar weke (reeds van gister af) sien hoe al die bands en artists wie jy op Facebook volg, jou timeline vrot post van hulle musiek op Spotify. Bedaar so bietjie. Die bands is net excited, so gee hulle kans om bly te wees oor hulle musiek wat miljoene mense gaan bereik.
Julle kan my Spotify profile ook volg as julle wil en check of julle die playlists like wat ek eventually gaan begin bou. Vir jou eie user experience, beswil en luistergenot – tune asseblief jou tjommies om hulle Facebook accounts te link met hulle Spotify accounts, want dan kan julle musiek share met mekaar en colbaroate op piele playlists en al daai lekker dinge. Die social aspect van Spotify is nogal next level. O ja, en as jy Tinder gebruik kan jy, gebasseer op jou musieksmaak dalk jou lewensmaat ontmoet, maar kom ons wees nou eerlik – mense gebruik Tinder net om die gulpvrugpolka te dans. Ten minste kan julle nou score op musiek wat julle beide like.
Happy days en lekker luister!
PS: hier is daai nuwe Judas Priest album wat so befok is:
Score een van 3 Spotify promo codes om Spotify Premium vir 3 maande lank verniet te geniet!
Spotify het vir ons 3 promo codes gegee om weg te gee hier op Watkykjy.
Met die promo code sal jy vir 3 maande lank Spotify Premium verniet kan geniet.
Om in te skryf is maklik: gebruik jou gewone free Spotify account waarmee jy opge-sign het en maak ‘n Watkykjy playlist van ten minste 8 songs.
Dit kan ‘n playlist wees van enige musiek wat jy skiem die Watkykertjies sal geniet op ‘n Vrydag om na te luister net voor hulle by die werk fokof.
Jy mag meer as 8 songs ook kies indien jy begeesterd raak.
Mail die link van jou playlist na griffin@watkykjy.co.za
Ons kies die beste 3 playlists en sal dit op Watkykjy embed op Vrydae.
Kompetisie sluit volgende Dinsdag, 20 Maart om 15:00.
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.