Griffin het gister ‘n detailed artikel geskryf oor Spotify maar ek wil ook net eers vinnig noem hoe befok dit is! Ek het nog altyd gemakliker gevoel voor ‘n CD of vinyl player as op meeste digital music services. Google Play het dinge makliker gemaak, maar ‘n paar tjommies (including Griffin wat my op hulle family package gesit het) moes my amper begin force om dit te gebruik. Ek het nog met die eerste Rolbees Reviews compilation, soos ‘n dinosaur, met ‘n spreadsheet en links na iTunes gewerk.
Goeie fok, Spotify het nou alles kom verander in een dag! Dit het my nie eens lank gevat om hierdie playlists te maak nie. Dit was net so paar ure, terwyl ek anyway in die songs verlore geraak het. Ek het al die songs wat ek kon kry op Spotify en wat op die eerste compilation is (2015 -2016 se reviews) ook sommer opgesit.
Ok, so ek gaan nie te veel kak praat vandag nie – hierdie is die tweede compilation vandat ek begin reviews skryf het vir Watkykjy. As vriende by my crib kom braai, speel ek baie van hierdie tunes. Dis gewoonlik of mense wat in die rock scene is, of diegene wat nie naastenby ‘n idee het wat in die scene aangaan nie. Dis absoluut befok vir my om te sien hoe verbaas local musos en die clueless mense is oor wat alles daar buite is en wat ek alles review.
Hierdie is net ‘n snapshot van (en terugblik na) tunes wat op albums is wat ek review het; van so einde 2016 tot nou toe. Dis alles songs wat ek nog steeds geniet. Van Medicine Boy/Lucy Kruger and the Lost Boys se donkerder dream noise tunes tot LA Cobra se retro “hair metal” glam rock, Aidan Martin se epic folkin’ rock tot Stone Jets se catchy pop met soul. The Sick Leaves se album, Traveling with Charlie is seker een van die mees underrated albums wat ek nog gehoor het. Daar is steeds bands wie se tunes wat nog nie gelaai is nie en ek al dit later add. Maar ja, ek kan nie al hierdie goeie musiek in mense se kele afdruk nie maar ek kan seker fokken probeer?
Al die songs op hierdie tweede compilation is nie net die produk van uitstekende songwriting, hardewerk en talent nie, dit bevat ook iets wat ek nie kan verklaar nie; my subjektiewe smaak of inner antenna vang dit net loud en clear op. Die ironie is Spotify, so befok as wat dit is, gaan nie local musos financially genoeg sustain nie – dis net ‘n awesome marketing tool. Die downside van digital musiek is dat die monetary value nie meer is wat dit was nie. Die waarheid is music het intrinsic value want dis art; dis net die overload van keuses en die huidige distribution sisteem wat die value diminish.
As jy musos financially wil support, koop maar tog steeds hulle CDs en ander merch en gaan kyk hulle live shows ook. Enjoy!
Watkykjy staan op 3,084,120 post views in totaal sedert 1 November, 2019.