Julia Louis-Dreyfus is 20 jaar gelede deur People Magazine aangewys as een van die 50 mooiste mense (mans ingesluit) ter wêreld, maar sy moes tog destyds sekerlik dieselfde accolades ontvang het vir snaaksste vrou ter wêreld. Twintig jaar later en met die mees suksesvolste sitcom-reeks wat ooit wêreldwyd op TV uitgesaai is haar kerfstok, is sy steeds net so mooi, net so relevant en net so fokken snaaks. Jy hoef net te glance na al die Emmy Awards wat sy al ingepalm het oor die jare – dit moet sekerlik ‘n wêreldrekord wees? Sy is tot op hede sover ‘n somtotaal van 22 keer genomineer en uit hierdie nominasies het sy 9 keer met die goue tannie met die tiete en die vlerke weggestap! Sy is die enigste aktrise wat tot dusver Emmy Awards gewen het vir haar werk in drie verskillende komediereekse – Seinfeld (1989), The New Adventures of Old Christine (2006) en Veep (2012). Jy sal Julia Louis-Dreyfus heel moontlik van haar die Seinfeld-dae onthou as jy ‘n kinders van die 80s was. Oor The New Adventures of Old Christine kan ek nie veel sê nie. Dalk was jy ‘n fan van hierdie show ook? Ek kan glad nie onthou dat ek dit ooit raakgekyk het nie. Maybe het ek dit wel gesien en dit het my bloot net nie impress nie, but on the other hand, Darren, het ek myself in 2006 met onheilige kak besig gehou in Nigeria…
Ons kyk vandag egter na haar nuutste sitkom, Veep, waarin sy die rol vertolk van Selina Meyer, Amerika se vuilbek vice president en ‘n voormalige senator wat op die harde manier uitvind watter kakmoelike job dit is om in die Whithouse se corridors te operate. Dis fokol as wat sy gedink het dit sou wees nie en dit is presies alles is waarteen haar tjommies haar gewaarsku het. Sy moet politieke brande blus en balans vind tussen haar openbare skedule en haar privaatlewe. Boonop moet sy met haar ingeperkte mag probeer disfunksionele verhoudings tussen omtrent almal rondom haar te verbeter. It is a fokken hot mess meeste van die tyd en die sitkom is totes believable as jy kyk watse kaliber kak Donald Trump se mond 99% van die tyd verlaat. Veep is ‘n fantastiese politieke satire. Dit is ‘n half skewe, half refleksiewe kykie na hoe die arbitrêre aard van mag mens kan consume en opfok van binne af. Dit laat jou ook half bekommerd wonder oor die verborge kragte wat opgesluit lê agter geslote deure van vergaderings met magsbehepte konte teenwoordig. Het ek iemand hoor Zupta sê? Dis so maklik om Veep te kyk, kop te skud en te glo wat in die storie aangaan, want die tema is eintlik maar scarily universeel. Geen real-life politician word by naam genoem nie, maar jy kan hierdie eier net sowel in enige ander land kort van Swede se gesig gooi. Veep het juis sy oorsprong in die Britse reeks, In The Thick Of It en die movie spin-off, In The Loop en die man agter alles is Armando Ianucci. Hierdie reekse en movie deal met dieselfde temas as waarmee ons in Veep te doen kry…
Die humor is droog, dog ryk en vol. In Veep kry jy selde daai kakkerige one-liners waarmee traditional sitkoms mee besaai is. Hierdie sitcom bied ongelooflike intelligente humor wat jou laat wonder oor enige land waarin jy jouself sou bevind, se politiek. Hoewel droë humor die show bene gee, is dit soms so vlymskerp, geestig en vinnig dat jy maar jou vinger op die rewind knoppie moet hou. Teen die tyd dat jy die vorige grappie vang, is die volgende een reeds afgelewer deur uitstekende cast. Elke toneel word met die akteurs rehearse en ge-improvise om die finale verfilmde scene nog snaakser te maak, indien moontlik. Hierdie hele proses word waargeneem deur die skrywers wat notas neem van die improvisasies wat hulle voel vir hulle werk en hulle incorporate dit dan in hulle shooting scripts. Wat ‘n fokken ingenius manier om seker te maak dat die beste lyne en aksies en acting deliver word?
Om jou ‘n idee te gee van die interpersoonlike fokops tussen die karakters kan ons na so paar stukkies dialoog gaan kyk uit Veep…
Mense wat nie hulle fokken werk doen nie:
Dan: I was trying to use Jonah for intelligence!
Selina: That’s like trying to use a croissant as a fucking dildo!
Dan: I thought—
Selina: No, no, let me be more clear: It doesn’t do the job and it makes a fucking MESS. Get out of my office.
Om die fast-paced natuur en die level van energie wat dit demand van die karakters se werk, beter oor te dra:
Gary: OK, I got coffee, I got ginseng, I got protein bars. You want some of those?
Selina: No.
Gary: No?
Selina: I need that stuff that junkies use. You know, when it takes a cop 15 bullets to put him down.
Van die karakters het fokol tyd vir mekaar:
Sue: Congressman Furlong called and he’d like some face time.
Selina: OK, well, let’s see: I’d rather set fire to my vulva, so that’s a no.
Wanneer jy in no uncertain terms vir iemand reguit moet tune om te fokof as hulle nie die hints vang nie:
Selina: Jonah. Hey, listen, settle something for me.
Jonah: OK.
Selina: You like to have sex and you like to travel?
Jonah: Yes, ma’am.
Selina: Then you can fuck off.
In politiek, veral met state visits is een land gewoonlik verhewe bo die ander een. Kyk byvoorbeeld na hoe Donald Trump altyd die handshake kompetisie probeer wen met presidente en dignitaries. As if it is a thing:
Minna Häkkinen (karakter van Finland se prime minster): I would like you to understand that in my country, politics is a lot more honest.
Selina: In your country, people fuck snow. And I hope you understand that I say that with the utmost respect.
Louis-Dreyfus lewer ‘n vertoning wat fondly herinner aan haar Elaine-dae in Seinfeld. Sy gebruik elke repie van talent wat sy besit en sy stort haar hele lyf uit in elke oomlbik op stel. Sy het byvoorbeeld aan die skrywers voorgestel dat sy ‘n nervous twitch met haar een oog op demand kan afpull en dat hulle dit elke keer moet gebruik waar en wanneer hulle dink dit sou werk. Sy is ‘n formidabele en hardwerkende vrou en haar rol in Veep sou beswaarlik met iemand anders in die rol kon gewerk het.
Veep hardloop moerse sterk op die klein kassie sedert 2012 en is hernu vir ‘n sewende reeks wat hopelik later hierdie jaar ge-air sal word, wat ‘n baie goeie aanduiding is van hoe goed dit ontvang is vir die afgelope 6 jaar.
Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – daar is tans 6 reekse (58 episodes) van Veep op Showmax beskikbaar wat jou vir ‘n rukkie lank sal besig hou. Ten minste vir die twee free trial weke, so gee dit ‘n shot en lag jouself kak!
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.