Lekker Oscar-tyd! (“Waar’s daai haas?” snork ek agter die rekenaar en besef dat ek eintlik net my ouderdom verklap). Anyway, nie hierdie Oscar nie, die goue ene. Daar’s ‘n klomp mense en movies benoem en as jy so besig/arm/suinig/lui soos ek is, het jy tien teen een nog nie te veel van hulle gesien nie. Dis okay. Haal asem. Jy kan dit nog sien, al weet jy of dit gewen het. Of nie. Of eers gewen het en toe nie. Né, Warren Beatty?
Teen volgende jaar hierdie tyd het jy gesien wat jou wou en dit wat jy nog nie het nie, is tien teen een beskikbaar in ‘n lekker pakketjie, soos hierdie ene:
Tussen al die name wat rondvlieg, is daar een wat jy beslis nog nie gehoor het nie. Hoofsaaklik omdat niemand dit baie sê nie. Waar die movie waarin hy is, nou daar’s nou vir jou ‘n mondvol. Doug Jones speel die hoofrol in The Shape of Water wat vir ‘n stewige 13 goue mannetjies genomineer is. Hy het nie een van die nominasies gekry nie. Sy mede-speler het wel. Maar dalk is dit omdat sy karakter nie eers ‘n naam het nie. Nope, sommer net ‘Amphibian Man’. Ek kan nie wag om die movie te kyk nie, maar ek het intussen kans gekry om weer van Doug Jones se beste werk uit te check. Die kanse is uitstekend dat jy vir Doug Jones gesien het. As Guillermo del Toro ‘n movie gemaak het, is Doug heel waarskynlik daarin.
Doug is een van die wêreld se beste ‘creature actors’. Wat sou dit in mooi Afrikaans wees? ‘n Kreatuur-akteur? ‘n Kreakteur? Whatever. As iemand die dag ‘n reeks of movie in Afrikaans maak met ‘n groot geknog budget vir ‘n goeie SFX departement, dan worry ons oor wat ons die mense in die mombakkies gaan noem. As jy die nuutste inkarnasie van die Star Trek-franchise onder oë gehad het, sou jy dalk die lang maer visserige ou opgemerk het. Jip, dit was hy.
Vir Del Torro het hy in Hellboy 2 : The Golden Army, ‘n welkome terugkeer tot die rol van Abe Sapien gemaak. In die eerste Hellboy is hy ge-dub deur David Hyde-Pierce (Niles van Frasier), maar David het geweier om ge-credit te word vir die stemwerk, want volgens hom was alles 100% Doug Jones. Gaaf van die man. As jy vir Doug op sy heel beste wil sien, moet jy egter Pan’s Labyrinth kyk. As die Pan-agtige bokkie wat die dryfkrag agter dië sprokie-in-‘n-oorlog film, was hy heel skaflik. Maar die hoogtepunt van sy werk is die “Pale Man”.
Albei die Hellboy movies en Pan’s Labyrith is nou op Showmax. Kyk sommer al drie. Maar as jy net tyd het vir een, maak seker dis Pan’s Labyrinth. Ja-ja, whatever, ek gee nie om of dit sub-titles het nie. Force yourself. Arme Doug Jones moes vir die rol van die Pale Man ‘n kakhuis vol argaïese Spaans leer wat hy presies foneties deliver het. In daai suit. Kan jy die Tien Gebooie in Hoog-Hollands opsê terwyl jy in Kaapstad se nuwe “spaar-water-of-ek-eet-siel” mascot-pakkie staan? Nee, het nie so gedink. Die minste wat jy kan doen, is die subtitles lees.
En as jy doen, word jy ook beloon met die beeldskone Maribel Verdu. Sy’t my in Y tu Mama Tambien oortuig dat ek nooit weer ‘n beter aktrise sal sien nie. Ek wag nog steeds om verkeerd bewys te word.
Tot jy tyd kry om The Shape of Water te gaan kyk, duik gerus in die Oscar movies van weleer in op Showmax. Daar’s meer as genoeg. In fact, ek het nou net gaan kyk en tel hoeveel daar is en daar is 41 movies in hulle Oscar collection.
Ek skiem Del Torro gaan hierdie jaar dalk ‘n paar goue action figures huis toe vat. Of net vir Doug in ‘n goue pakkie aantrek en huis toe vat. As hy nie gearresteer word by die event omdat niemand weet wie hy is nie.
Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – dis dalk net-net nie genoeg tyd om daai 41 movies in die Oscar collection te kokkenodge nie, maar jy kan jou bes probeer om ‘n duik daarin te maak.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.