Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Bejaarde bestuurders
Daar’s ‘n Toyota Camry voor jou. Gebreide bersie in die agtervenster. Moontlik ‘n tissueboks ook. En niemand agter die stuur nie. Jy freak heeltemal uit en ry vinniger om verby te kom. Wanneer jy langs die betroubare sedan inpull, kyk jy dringend links om te sien hoe die kar op die pad bly.
Dan sien jy dit. Daar ís iemand agter die stuur! ‘n Krimpie. NEt-net lank genoeg om in die speedo vas te kyk, leun die bejaarde bestuurder vyf-en-veertig grade vorentoe terwyl hy krampagtig aan die stuurwiel vasklou – ‘n bietjie soos ‘n senuweeagtige papegaai op sy stokkie.
Staaadig-stadig karring dit aan, oor rooi robotte, toegeetekens en sypaadjies. Salig onbewus van die woede en verwoesting wat hulle saai. Hulle het dan niks gehoor of gesien nie.
Presies.
Vat alle bestuurders bo die ouderdom van vyf-en-sestig se lisensies weg. Maak ‘n groot K53 plakkaat in rooi letters. Verkieslik A0-grootte met ‘n 450-punt Verdana lettertipe. Die krimpies wat die plakkaat kan lees mag hulle lisensies terug kry. Dis ten minste ‘n goeie, regverdige begin om ‘n groot gros gevaarlike geriatrics van die pad af te kry.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,838 post views in totaal sedert 1 November, 2019.