Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Die Apple versus PC debat
Gaap… Raait, hier gaan ons. Eenfag, ver, ver weg in Rekenaarland, wasdaar baie nerds wat die rekenaar aanbid het omdat hulle eoe lewens woes en leeg was. Party van die rekenaar-nerds het vir Apple Mac aanbid en party vir PC. Die Mac aanbidders het gedink hulle is cool en byderwets, tekkies en T-hemde gedra en woorde soos “dude” en “extreme” gebruik. Dié wat PC aanbid het, het suits of chinos en gholfhemde gedra met brille en bleskoppe. Die twee groepe het heelwat virtuele klippe na mekaar gegooi en daar was selfs ‘n hele internetadvertensiereeks hieroor.
Maar weet julle wat, maats? Eendag in die verre toekoms gaan hierdie nerds twee baie belangrike goed agterkom. So groot dat dit hulle lewens in ewig ingrypend gaan verander:
- Altwee is rekenaars
- Hulle is almal nerds
Hopelik kry hulle dan meisies en word mooi groot en sterk.
Ons kan net hoop.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.