1) Bedankingsbriefies is darem maar fokken oulik is dit nie?
“Dankie Petro-Liesbet vir gistraand. Volgende keer sal ek beter mik. Belowe.” – Abri.
“Dankie Juffrou dat jy Gotliep gister jou boeke laat dra het. Hy is erg ingenome. PS: Weet jy dalk hoe om kolle uit ‘n skoolbroek te kry?” – Mevrou Steyn.
“Dankie Janus vir die leen van jou jumper cables. Hoop jou nipples is nie te erg sensitief vandag nie.” – (In die Kas)per.
“Dankie Suid-Afrika dat julle my gefokken humour het vir 9 jaar. Ek verstaan nie lekker hoekom julle my almal nou so baie haat nie, maar ek weet wanneer ek nie meer welkom is nie.” – Jacob.
PS: Ek voel effe seergemaak.
2) Na Zoom-zoom soos ‘n dief in die nag (coz that’s what you are!!!) op Valentynsdag sy kys met die land gebreek het, is die nuwe staatspresident ‘n dag later ingesweer. Cyril Cupcake Ramaphosa is aan bewind. Blykbaar is Cupcake ‘n liefienaampie wat ‘n vorige skelmpie hom genoem het. Steeds, dis beter as Jacob Fokweg Zuma. Fokweg is die diefienaampie wat die skelmpie vir altyd sal hê.
3) Patricia De Lille, burgemeester van Kaapstad, kan na hierdie week “Balhaarkenner” op haar CV voeg. Dit nadat sy ‘n mosie van wantroue deur haar eie party, die DA, oorleef het met ‘n balhaarbreedte van 110 stemme teen die mosie en 109 daarvoor. Kyk, die DA moet nou nie met hulle kak begin nie. Vingerwys na ander partye werk net rêrig as jou eie huis silwerskoon is. En tans kan die DA nou nie juis hul hande in onskuld was nie wat nogals kak is considering daar is ook fokkol water om hul hande in te was.
4) Kyk, die Guptas moet hitte kan hanteer. Indiërs. Kerrie. Stereotipes. Maar dinge het selfs vir hulle effe warm geraak hierdie week toe die Hawks besluit het genoeg is genoeg. Daar is toegeslaan op hul pondokkie in Saxonwold, een van hulle neefs is gearresteer, Ajay is ‘n voortvlugtige (want hy moes homself oorgee aan die polisie en hy het nie) en Atul het homself gestrand gevind op ‘n aanloopbaan in Pretoria toe die vlieënier besluit het hy gaan nêrens heen nie. En dis alles gekoppel aan daai melkplasie in die Vrystaat waarby Duduzane Zuma (ons VORIGE president se seun) ook betrokke is en waarby grootskaalse bedrog ondersoek word. Kom ons kyk of ons land se polieste hulle werk kan doen en hierdie gabbas se status na gatgabbas kan verander wanneer julle in die tjoekie beland en twee keer moet dink om te buk vir seep.
5) Dit was beslis ‘n week vir lekkerkry. Behalwe vir Zuma en die Guptas, moes die vorige SABC-baas, Hlaudi Motsoeneng hoor hy moet R21 miljoen terugbetaal wat hy ontvang het uit ‘n deal met Multichoice en vanweë skade wat die korporasie gely het weens verkeerde aanstellings en mense wat laat gaan is. Hy wou mos die land so lank boor. ‘n Geval van ‘n oog vir ‘n rooi-oog. En ons Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane (of Not-Thuli vir haar vriende), se tjank is ook afgetrap! ‘n Hof het bevind haar verslag oor Absa wat R1,125 biljoen moet terugbetaal oor ‘n lening wat hulle tydens apartheid ontvang het, is kakker leesstof as die sleevenotes van ‘n Lieflinge CD. Sulke eina.
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.