Ek het so jaar en ‘n half terug ‘n review geskryf oor Dan Patlansky se IntroVertigo (2016) en sommer al sy vorige albums weer so vlugtig uitgecheck. Ek geniet sy musiek vir amper tien jaar lank nou al. Net om kortliks op te som, ek mention onder andere in daai review hoe Dan Patlansky se unieke blend van rock, pop en blues op die critically acclaimed Dear Silence Thieves (2014) hom internasionale beroemdheid in veral Europa en die VK verwerf het. Ek mention ook hoe IntroVertigo (wat ook goed ontvang is) baie meer harder rock is maar tog steeds stewig gewortel is in die blues.
Terwyl ek nou sy nuwe album, Perfection Kills, deurluister, besef ek weereens (soos met die vorige twee albums) dat Dan Patlansky se fokuspunt nie meer die traditional blues sound is nie en ook nie meer soseer is om te kyk hoe ver hy die boundaries van sy kitaarspel, of selfs hoe hy met musikale genres kan eksperimenteer of boundaries kan push nie. Ek spekuleer bietjie, maar dalk weet hy, hy gaan eventually teen homself verloor. Dit vat my net elke keer ‘n ruk om myself in sy nuwe materiaal in te leef want nes jy gewoond raak aan een rigting van songwriting op ‘n album dan fok hy weer in ‘n ander rigting in met die nuutste een. Ek dink ek moan nou oor presies dit wat ek wil sien gebeur, nie waar nie? Dis glad nie ‘n slegte ding nie en ek besef ook weer dat sy shift ‘n paar jaar terug na ‘n fokus op die songs en sy songwriting nou begin dividende betaal.
Ek hoor al die bekende klanke wat hy op sy verskillende albums oor die jare bemeester het maar die tunes op Perfection Kills (2018) klink vir my meer relaxed en mature en daarmee bedoel ek nie chilled, flou of oud nie. Nee, sy rock deel nog taai klappe uit, sy blues en soul is steeds strelend en hy bly sy refreshing sound ontwikkel. Dit klink net of hy minder pressure inlaat of ervaar om in ‘n sekere mold te fit en hy laat die songs wat hy skep bloot die werk doen en dit klink fantasties as jy mooi luister. “Coming into one’s own” noem hulle dit. Hy het Perfection Kills self produce en Dan Patlansky bewys net weer dat hy die vermoë het om consistently solid albums te release wat nie presies dieselfde klink of verveel nie. Hy sing oor verhoudings, ons moderne tegnologiese-georienteërde samelewing en sy klein seuntjie. My favourite tunes? Ek like die hele spul! Dis ‘n deurluister album, so sit bietjie die politiek af en gooi hom once. Sit terug in jou gemaklike stoel en geniet dit!
Watkykjy staan op 3,048,735 post views in totaal sedert 1 November, 2019.