Om Gerald Clark uitsluitlik as net ‘n blues artist te beskryf sou ‘n groot fout wees. Jy kon al op van sy vroeër albums hoor dat hy ‘n natuurlike gevoel het vir die ouer Amerikaanse soul musiek. Hy vermeng dit al jare lank met sy eie brand van folk en blues en hy kan ‘n lekker old school funk groove inkatrol as hy lus voel, bygesê, met minimum tegniese showcasing. Dit kan alles vinnig begin af klink as die musiek nie real is nie. Hy het ook al suksesvol crossover musiek gemaak. Onthou julle die song Fire saam met Ongx Mona op sy vorige album?
Op sy vyfde en mees onlangse studio album kombineer hy weer blues folk met Amerikaanse soul, maar hierdie keer met die hulp van ‘n paar uitmuntende musikante, bring hulle die essensie van sy musiek subtiel in lyn met ‘n rykdom stripped down Afrika ritmes en klanke. Geen wonder die album se naam is dan ook Afrocoustic nie. Die offering het ‘n organiese gevoel, maar moenie ‘n fout maak nie, dis nie net ‘n gewone accoustic album nie, daar is heelwat diepte en Josh Hawkes op baskitaar (Freshly Ground), Simon Orange (The Blues Broers en Valiant Swart Trio) op die klawers, Ernisteane Deane (Moodphase 5) op backing vocals dra elkeen iets kosbaars tot die overall eindproduk by. Ek dink Almuir Botha is ook te hore op die album. Onthou julle Delta Blue?
Gerald Clark het ook van sy ouer songs heroorweeg, getweak en bied dit in ‘n ander gedaante vir ons aan. In plaas daarvan om ander musikante te cover, cover hy homself op hierdie album. Hy laat bietjie ander musos se influences in op nuwe songs of neem sekere influences weg op die ouer songs. Dit bring nogal ‘n verskeidenheid kleurvolle musiek na vore en hy kan nie darvan beskuldig word dat sy musiek stagneer nie. Of daar ‘n groot mark vir afro-soul en blues groove albums in ons land is wonder ek, maar as jy sy live career gevolg het oor die jare sal jy weet hy is een van die min SA musikante wat dit reggekry het om nie net suksesvol ‘n loopbaan op ons local circuit te navigate nie maar ook om ‘n paar shows op circuits in Spanje, Duitsland, Nederland en Frankryk te speel en verder suksesvol sy loopbaan uit te brei na die blues circuit in Chech Republic. Hy is ook besig om inroads te maak in Slovakia. Pretty fokken impressive! Op Afrocoustic stel hy sy ultimate sound en sterkpunte ten toon, naamlik songwriting, vocals en ja, vir seker ook kitaarspel. Guy Collins en Chris Bakalanga se kitaarspelbydrae kan ook duidelik gehoor word op die album.
‘n Paar hoogtepunte op die album vir my is die verwerking van die song I Don’t Want To Work No More wat hy oorpronklik saam met DJ Sibot geskryf het vir die SABC TV series Jam Sandwich. Dis my lewensmotto basically en wie van ons wat vasgevang is in die rotresies kan nie relate nie? Verder ook die Sachmo tipe scat op die nuwe verwerking van Poor Man Blues (oorspronklik op die Blackwater album) het die hoendervleistoets geslaag en op die nuwe verwerking van The Other Side (oorspronklik op die Afroboer and the Golden Goose album) dikteer hy die blues licks en vocals en Ernisteane Deane antwoord met ‘n jazzy soul stem. Dis ‘n sing-kak-hard-saam-in-die kar tune. Overall ‘n beautiful en baie unieke album wat lekker luistergenot sal verskaf!
Watkykjy staan op 3,083,860 post views in totaal sedert 1 November, 2019.