Wanneer laas was daar ‘n goeie local talk show gewees? Talk show né, nie variety show nie. Fok, die beste een waarmee ek nou kan opkom is maybe Dali Tambo se People of the South wat tussen 1994 en 2002 op SABC2 ge-air het. Daai show waar die gas elke keer ‘n scatter kussinkie deur Dali in die hand gestop word om dankie te sê vir die besoekie. Sulke zef swart kussinking met goue tossels en sulke wedding font wat tune “People of The South”.
Dit was eintlik nie kak nie, maar fast forward 25 jaar voor ons weer iets semi decent het in die gedaante van Karen Zoid se Die Republiek Van Zoid-Afrika. Sommer uit die wegspringblokke kan mens sien dat iemand bietjie moeite en passie gesit het in iets wat maklik in Suid-Afrikaanse TV ‘n doodgebore donkie met so een skewe hoefie kon gewees het. Veral met Suid-Afrikaanse TV en veral in Afrikaans. Die show het ‘n decent, befokte animated intro met behoorlike musiek, probably in After Effects, gedoen deur iemand wat dit vir ‘n lewe doen versus iemand wat ‘n jack-off in all trades is. Dit klink basic en stupid om ‘n aimated intro te loof, maar die intro gee vir jou normaalweg ‘n indikasie van die tipe kwaliteit wat jy van ‘n program kan verwag. Sien dit as die program se welkom matjie voor die voordeur. Die level van moeite en kreatiwiteit word by die voordeur aangetref. Dis dan ook gepas dat Zoid se heel eerste episode begin met ‘n tipe self-deprecating confessional – die feit dat DSTV nou al so desperaat vir content is dat hulle selfs vir Karen Zoid ‘n TV show gegee het. “As Woef en Kie dit kan doen, dan kan ek ook”. Op die oog af dalk self-deprecating maar ‘n skop in die rigting van DSTV se ballas, miskien. Met ander woorde (my woorde): “Check, hierdie is eintlik quality en ons set so half die bar. Julle hoef nie kak te create nie. Bel my net”. Fokweet, as ek nog een local show moet kyk wat te doen het met troues, kosmaak, tuinmaak of diere, dan kak ek in my krimpilienrokkie. Sulke fokken Waterklooftannie vibes. Maar die Afrikaanse Waterklooftannie met die Biggie Best smaak in meubels en lap en wat koffie drink by Cappuccinos ‘saam haar vriendinne’ (ek los die ‘met’ aspris uit).
Ek fokken kan nie….
Dank god vir proper local TV, though. Zoid skop haar debuut-epsiode af met legendariese nuusleser, Riaan Cruywagen – daai oom wat nie ‘n fok ouer word nie en wat die nuus al meer as 8000 keer gelees het. Die Alpha van Suid-Afrikaanse TV. Dieselfde oom wat ‘n collection van meer as 400 dasse het. Vierhonderd dasse! Jy het dit nie vir ‘n fok geweet nie. Sien? Karen vra die regte vrae. Die eerste epsiode het in 2014 die lig gesien en saam met Riaan Cruywagen was haar eerste musical guest Zolani Mahola (van Freshly ground). In hierdie episode surprize Zolani en Riaan vir Zoid met hulle eie comedy skets wat deel van die show vorm – Zolwagen (Zolani + Cruywagen = Zolwagen, vir julle outjies wat nog vetkryt vreet en stadig oë knip) – waar hulle die nuus aanbied; Riaan in Afrikaans en Zolani in Xhosa (met onderskrifte). Mens kan amper sê dat die comedy sketse die gom van die show is. Dit gee blaaskanse deur die show sodat die interview gedeeltes meer verteerbaar is. Breaks op die regte plek is crucial en die sketse is moerse slim geskryf, develop en baie goed verfilm. Daar is moeite gedoen hiermee. Dit kon baie maklik verval het in ‘n green screen fokop wat ‘n aanduiding van luiheid sou wees, maar even al was dit ‘n green screen fokop, sou dit steeds meer kreatief gewees het as die run-of-the-mill Kook Kak Kos Saam Karel (weereens, die ‘met’ is aspris uitgelos – meeste van julle sou nie eers die verskil agtergekom het nie)
Die Republiek van Zoid Afrika is so net onder die 50 minute lank per episode en tans is daar drie van die vier voltooide seisoene beskikbaar op Showmax. Soos met enige show van hierdie aard kan jy kies watter episodes jy wil sien en watter jy eerder wil skip. In season 1 sal ek probably die Kurt Darren episode skip, but then again sal ek dit dalk uit morbid curiosity wil kyk.
UPDATE – ek het wel die Kurt Darren episode ook gekyk en dit was moerse entertaining. Ou Kurt is ‘n nice oom en die ander gas was Corné Krige. Beide kom voor as opregte nice ouens met so paar lewenslessies en heel interessante agtergronde. In season twee sal ek vir seker Steve Hofmeyr (TEN MINSTE DOEN HY IETS) en Bobby Van Jaarsveld skip, en in season 3 kan Ray Dylan ook maar gaan kak, bloot oor die tipe musiek wat hulle maak en versprei. Dis darem net drie episodes uit die beskikbare 39 wat ek nie wil kyk nie, wat my met min of meer 30 ure se kykgenot los.
Ek is nou lekker grootbek en ek sal tien teen een die episodes wat ek reken ek wil skip ook kyk, maar bloot vir die comedy sketches en opgemaakte TV advertensies tussenin (daar is so panfluit tannie wat haar CD bemark. Dis kaksnaaks). As ek jou ‘n moerse lekker tip kan gee – treat hierdie miskien as ‘n podcast as jy byvoorbeeld by die werk sit. Gebruik jou baas se wi-fi. Ek het die show sommer deur my iPhone gekyk met oorfone op. Jy hoef nie heeltyd te kyk nie, juis omdat die formaat dit toelaat tot ‘n luisterbare podcast en die gesprekke en interviews heeltyd so lekker vloei. Jy gaan wel so nou en dan ‘n glance na jou foon toe moet gooi, veral met die comedy sketse tussendeur die interviews. En natuurlik die live performances na elke show. Ek begin ook agterkom dat ek ‘n groter fan raak van Karen Zoid se musiek (ek is nou al so paar maande lank impressed nadat ek einde verlede jaar uiteindelik ‘n concerted effort gemaak het en al haar musiek begin luister het), maar Die Republiek van Zoid Afrika het my heavy impress. Ek wens Karen wil bietjie expand met TV production en nog shows maak, want sy kan baie maklik die female version van Casper de Vries wees. Ek het geweet Karen Zoid is ‘n brainiac, maar ek het noot besef hoe fokken snaaks sy regtig is nie…
Ek het haar vanoggend gou gebel en net vinnig uitgevra oor Die Republiek van Zoid-Afrika.Sy was op pad na ‘n rehearsal, so ons kon nie vir te lank kakpraat nie:
Karen Meiring van KykNet is ‘n moerse cool tannie. Ek het haar by die Fiestas ontmoet so twee weke terug. Dink jy jou show word renew omdat jou naam ook Karen is?
Probably! Hahaha!
Ek moet jou commend op die live band askpek van die show. Dit sit die hele vibe in ‘n heeltemal ander klas. Wie is die band members?
In die series wat jy op die oomblik kyk is dit Schalk van Der Merwe op bass, Tim Rankin op drums en Henry Steel op guitar en Llwellen John op klavier.
OK cool, so basically min of meer jou vol band. Is daar nog ‘n season op die horison?
Yes, my band. Ja, ons het sopas die vyfde reeks klaar geskiet en ek dink hy air iewers in die winter hierdie jaar, haha! Ek sal moet uitvind presies wanneer?
Gaan jy Noot vir Noot op ons trek en die show vir ewig doen?
Uhhhm, haha! Hopelik nie? Maar dis lekker. Ons love dit om die show te maak en dis obviously lekker om saam met almal te jam. In standerd 2 het ek potlode collect en nou collect ek collaborations saam met mense. Ek dink ek het nou al 52 gedoen. Ek wil baie graag nog Nataniël doen en ook Steff Bosch.
Wat is die mees memorable oomblik tydens filming van die eerste 3 seasons?
Om Thuli Madonsela op die show te gehad het was nogal incredible. En Johnny Cleg is in die nuwe reeks! Ek dink jy kan dit maar sê? Die obvious mense is die heroes maar die goed wat ontvou omdat dit ‘n talk show is en omdat dit ‘n musical collaboration is – jy kan nooit dink hoe die goed sal gaan of uitdraai nie. Op die laaste een het ons Patricia Lewis gehad en ek het gedink “Jis… ek weet nou nie hoe lekker hierdie gaan werk nie…” maar dit was incredible! Een van die bestes in die hele reek. Dis soos om ‘n lucky packet oop te maak.
Wie skryf die comedy skits? Dis fokken hilarious. Skryf jy dit self?
As ek moet eerlik wees… baie van dit maak ons net op. Ons trek daai fokken lelike rokke en kak pruike aan… hahaha! En dan kyk ons wat gebeur. Die boererate vir bands skryf ek self…
Dit was moerse lekker om met Karen te gesels oor haar program. Gaan kyk dit gerus want dis regtig topklas vermaak. Haar gaste sluit mense in soos: Casper De Vries, Zelda La Grange (daai cool tannie wat basically orals saam met Madiba uitgehang het), Laurika Rauch, Helen Zille, David Kramer, Arno Carstens, Willie Esterhuizen, Francois van Coke, Jack Parow, Sandra Prinsloo, Carike Keuzenkampen Koos Kombuis om maar net ‘n paar op te noem van die probably meer as 50.
Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – dit behoort genoeg tyd te wees om deur die eerste 3 seasons te kom. Daarna kan jy besluit om jy wil aangaan met jou subscription.
As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierso rond: https://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/
Watkykjy staan op 3,084,115 post views in totaal sedert 1 November, 2019.