Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Amerikaanse sitkoms
Sitkoms (of situasie komedies) is al sedert die veertigs deel van Amerikaners se televisie-dieet. As dit werk, werk dit fantasties. Hey, ek het van Seinfeld gehou.
Maar hoeveel langer gaan ons nog in vervelige intriges, oorbekende situasies en recycled grappies moet vasstaar?
“Honey, can I see you in the kitchen?” (Ha-ha-ha-ha-ha-ha.)
Dramatiese ironie! Vervlaks, ek lief hierdie program!
Die man steek iets vir sy vrou weg, die tiener jok vir sy ouers, vriende raak dronk en vroetel met mekaar. En daar kom die aoutomatiese lagband weer.
Sug, is Naas se show nie al op nie?
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,092,663 post views in totaal sedert 1 November, 2019.